Onderwys en taal

(1/3) > >>

Rigil Kent (October 04, 2013, 07:36:20 AM):
Verwysing.
Faerie (October 04, 2013, 08:50:25 AM):
Moeilike een, maar ek glo Engels is op die einde van die dag nog die "werkstaal" en moet van dag een af ordentlik geleer word, eers as 'n tweede taal en later (hoerskool) as voedingstaal.

Ek kry jaarliks te doen met hoopvolle kandidate wat in die korporatiewe omgewing aansoek doen vir learnerships, die eerste filtering prosess is Engelse punte, as jy nie 60% vir Engels (tweede of eerste taal) kan bereik nie dan gaan ek nie my tyd mors om 'n onderhoud te voer nie. Dan kom die eintlike onderhoud, en weereens kyk ek meer na hoe die persoon met my kommunikeer as na enigiets anders, as die spraak moeilik is of hulle nie hulself kan ordentlik uitspreek in Engels nie, gaan dit eenvoudig nie gebeur nie.

Ek het 'n paar jaar terug 'n jong wit man gehad wat uitstekende universiteit punte behaal het en twee grade agter die blad maar glad nie in Engels kon kommunikeer nie, ek moes hom afwys ten spyte van die feit dat hy absoluut potentiaal gehad het, dit was hartverskeurend.

Mefiante (October 04, 2013, 09:11:33 AM):
Die Sjinese moedig hul mense al ’n geruime tyd ywerig aan om Engels te leer want hulle is goed bewus van die feit dat dit amper ’n voorvereiste is om effektief in die wêreld te kan kompeteer, is dit nou besigheid, kuns, wetenskap of enige ander menslike aktiwiteit wat ’n aansienlike hoeveelheid mense beoefen. Al wil sommige mense dit nie waar hê nie, Engels is ons wêreld se lingua franca. Ek sou sê díe oorweging alleen is goeie rede om Jansen se aanbevelings ernstig te oorweeg.

Faerie gee vir ons een voorbeeld daarvan: Om nie in Engels bevoeg te wees nie kan jou toekomstige sukses belemmer.

Verder nog kan ’n argument redelik maklik gemaak word dat indien dit vir jou belangrik is, die bewaar van jou kultuur deur jou kinders hoofsaaklik jou eie verantwoordelikheid as ’n ouer is, en nie die staat of die skool s’n nie.

'Luthon64
Hermes (October 04, 2013, 10:07:59 AM):
Ek is van mening dat jy eers `n taal moet magtig wees voordat jy onderrig in ander vakke in daardie taal kan ontvang. Met primêre skoling slegs in `n taal wat jy nie ken nie, gaan jy vir jou eerste paar jaar op skool slegs een vak hê, en dit is daardie taal. Opvoedkundige inrigtings moet voorsien in die aanvraag. As die Vrystaatse Universiteit sterk aanvraag ondervind van studente wat siviele ingenieurswese in Italiaans wil studeer, dan moet die universiteit dit aanbied. Taalbeleid moet deur aanvraag eerder as deur ideologie gedryf word. Dit sal outomaties veroorsaak dat taal aanpas by wat die samelewing benodig. Die beleid word dan reaktief eerder as voorskriftelik.
BoogieMonster (October 04, 2013, 10:14:08 AM):
Ek was gelukkig genoeg dat my pa met engelse mense gewerk het toe ek 'n tjokker was en ek het met baie van hul kinders gespeel. So deur die nood van komminukasie moes ek baie vroeg die taal begin leer.

Op hoërskool het ek toe natuurlik my Ingilse klasse deurgeslaap terwyl menigte klasmaats hulself versukkel het om 'n paragraaf in onder 10 minute te lees. Òf in die moelikheid gekom want ek was op bl. 200 en die res van die klas op bl. 5. (Tot my verstomming, is dit klaarblykbaar 'n rede vir 'n uitkak)

Min het ek geweet toe ek by Tukkies opdaag sou ongeveer 80% van al my klasse in engels onderrig word. As ek reg het was die uitsonderings wiskunde en fisika. Draai uit al die mense in daai "Afrikaanse" universiteit is toe nie wit boer-kindertjies nie, maar van regoor SA en die wêreld, en nog meer studeer ek toe mos rekenaarwetenskap... waar die afrikaanse terminologie so bietjie vebeisterend kan wees.

Maar, wat 'n voordeel is dit toe ek begin werk! Nie net spandeer ek meeste van my tyd besig om in Engels te kommunikeer nie, maar ek is in staat om formele e-posse te kan uitruil met kliente, verskaffers, ens. Dit het eendag op 'n punt gekom waar ek vir my ouers gaan kuier het na 'n paar maande wat ek glad nie, nie eers sosiaal, enige Afrikaans gepraat het nie. Ek het skielik gesukkel om Afrikaans te praat met my eie ouers.

So, baie voordele, in my siens na gr.5 behoort almal vertroud te raak daarmee. Solank mens nie heeltemal die baba met die badwater uitgooi en jou taal vermoor in die proses nie. In my ondervinding is dit 'n egte gevaar. So ek sou die kinders 'n kans gee om vertroud te raak met hulle moedertaal ook.

Ek is ook nie seker of formele Afrikaanse taalgebruik en woordeskat in die praktyk sal oorleef nie. Wanneer sal die kinders dan blootgestel word aan vakgebied woordeskat?

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Skeptic Forum Board Index

Non-mobile version of page