Ek sien hierdie is ‘n 2008 “post” maar aangesien Barryl ook gepos het, kon ek nie anders nie

Ek wonder of gelowiges al ooit verder oor die volgende situasie gedink het:
Hy leef 'n baie voorbeeldige lewe, morele waardes en standaarde, ten volle volgens die bybel. Hy sterf op sy oudag en gaan hemel toe en sy vroutjie volg 'n paar jaar later. So volg sy kinders een op die ander, maar die heel laaste kind, die lieflingskind, die punt van hul hart daag nie op nie, want hy het in sy tienerjare 'n CD gesteel waarvoor hy nooit om vergifnis gevra het nie. Ja, hy is hel toe en gaan in die ewige vuur brand daaroor.
Let wel: Hul het gekry waarvoor hul gevra het, die ewige lewe, met die wete dat hul Lieflings kind in die hel is. Gaan dit dan nog steeds vir hul 'n plesier wees om daar te wees, om vir ewig te weet jou kind lei? Watse hemel is dit dan??? Wil hul dan regtig nog in die hemel wees? Of moet hul daar sit en sê: „Brand maar jy wou mos nie luister nie” Ghee dit maak nou “sense“ Dieselfde situasie as dit jou man, vrou, kind, Ma of Pa wat “kamptig” daar kan land.
Hoe redeneer die mense?
Punt is: Wie in sy "right mind" sal hemel toe wil gaan as hul geliefde in die hel lei?