South African Skeptics
January 06, 2009, 06:51:31 AM
Welcome,
Guest
. Please
login
or
register
.
Did you miss your
activation email?
1 Hour
1 Day
1 Week
1 Month
Forever
Login with username, password and session length
News
: The forum was updated to
SMF 1.1.7
. Please let me know of any problems.
Entire Forum
This board
This topic
Members
Google Entire Site
Home
Help
Search
GoogleTagged
Login
Register
South African Skeptics
>
Non-English Discussion
>
Afrikaans
> Topic:
Ongelowige maar goeie mense gaan nie hemel toe
Pages: [
1
]
Go Down
« previous
next »
Print
Author
Topic:
Ongelowige maar goeie mense gaan nie hemel toe
(Read 58 times)
Description:
0 Members and 1 Guest are viewing this topic.
sadrok
Newbie
Skeptical ability: +0/-0
Offline
Posts: 7
Ongelowige maar goeie mense gaan nie hemel toe
«
on:
November 09, 2008, 14:42:55 PM »
Val my oë top op die artikel oor ou Buchan in vandag se Rapport en ek kon myself nie keer om die artikeltjie te lees nie.
Verbaas is ek toe die berigskrywer die volgende uitlig:
"Hy het die skare ook weer daaraan herinner dat dit nie goeie mense is wat hemel toe gaan nie, maar diegene wat glo."
Is dit verkeerd van my om aanstoot te neem hieroor? Ek probeer minstens 'n goeie persoon te wees. Ek steel nie; ek hou my woede vir myself. Ek het selfs nog nooit gerook of dwelms gebruik nie en drink myself nie grond toe elke naweek nie. So, maak nie saak hoe goed ek probeer wees nie, ek sal maar altyd 'n lae-klas persoon wees in die oë van mense soos Buchan en sy aanhangers.
Wat moet ek maar doen - stilsit, stilbly, en dit vat soos dit kom?
Logged
Anacoluthon64
Defollyant Iconoclast
Hero Member
Skeptical ability: +14/-7
Offline
Posts: 785
What survival value woo-woo?
Re: Ongelowige maar goeie mense gaan nie hemel toe
«
Reply #1 on:
November 09, 2008, 16:38:31 PM »
In dieselfde lyn en net so verbasend is dat iemand wat hulle lewe lank kinders verkrag het hemel toe kan kom op voorwaarde dat net voor hulle sterf, hulle bekeer en die “gristelikke jirre” as hulle verlosser aanvaar. In teenstelling, ateïste wat hulle lewe lank ander mense gehelp het en by voorbeeld verdrink terwyl hulle ’n kind se lewe red het geen kans nie.
Terwyl ek self nie my kop daaroor sal wil breek nie, is juis díe boodskap, myns insiens, een van die hoofredes hoekom Angus Buchan en sy volgelinge ’n afskuwilike klomp mense is.
'Luthon64
Logged
bluegray V
Administrator
Hero Member
Skeptical ability: +6/-2
Offline
Posts: 610
Re: Ongelowige maar goeie mense gaan nie hemel toe
«
Reply #2 on:
November 10, 2008, 08:29:01 AM »
Dis nou natuurlik as daar 'n hemel is né?
Ek sal in elkgeval maar eerder nie na 'n plek wil gaan wat vol mense soos Buchan en sy aanhangers is nie...
'n Ewigheid met daai klomp! Pure hel!
Logged
sadrok
Newbie
Skeptical ability: +0/-0
Offline
Posts: 7
Re: Ongelowige maar goeie mense gaan nie hemel toe
«
Reply #3 on:
November 10, 2008, 16:46:37 PM »
Ek het al op 'n tyd ook gesit en wonder hoeveel van daardie mense werklik saamstem met als wat op die verhoog gepreek word. Hoeveel staan of sit daar en dink ver agter in hul kop dat hierdie man voor hulle eintlik 'n klomp snert praat maar ook net te bang is om teen die meerderheid te praat.
Maar net van die los gedagtes in my kop.
Logged
Anacoluthon64
Defollyant Iconoclast
Hero Member
Skeptical ability: +14/-7
Offline
Posts: 785
What survival value woo-woo?
Re: Ongelowige maar goeie mense gaan nie hemel toe
«
Reply #4 on:
November 10, 2008, 17:14:55 PM »
Geloof is uit sy aard uit ’n gemeenskaplike oefening. Daar is mos geen punt of pret daarin om sekere ander mense in woorde te verdoem en jouself beter te laat voel oor jou eie tekortkominge as daar nie ander mense teenwoordig is om dit te hoor en met mekaar saam te stem nie. Die gemeenskaplike aspek is ook ’n rede hoekom geloof so moeilik is om uit mense se koppe uit te kry.
'Luthon64
Logged
Pages: [
1
]
Go Up
Print
South African Skeptics
>
Non-English Discussion
>
Afrikaans
> Topic:
Ongelowige maar goeie mense gaan nie hemel toe
« previous
next »
Jump to:
Please select a destination:
-----------------------------
Skepticism
-----------------------------
=> General Skepticism
=> Conspiracy Theories
=> Junk Science and Alternative Medicine
-----------------------------
General Academics
-----------------------------
=> Science and Technology
=> Religion and Philosophy
=> Education
-----------------------------
Non-English Discussion
-----------------------------
=> Afrikaans
-----------------------------
Off Topic
-----------------------------
=> Fun
=> News and current events
=> Flame Wars
=> Off topic
Loading...