Relatiwiteit soos op Facebook

<< < (3/4) > >>

Spike (December 07, 2017, 18:03:06 PM):
Dis automated?
Mefiante (December 07, 2017, 18:33:57 PM):
Wag nou, wag nou, moenie alles sommer net so afskiet nie! Gee die man 'n kans.
My reaksie is gegrond op die voorstel dat ’n spesefieke voorwerp se posisie ’n ander ding se spoed aangee sonder enige duidelike verwysing of aanduiding van die nodige maatskale. Dìe voorstel openbaar ’n gebrek aan fisika insig. Al meet mens afstand en posisie met dieselfde maatstaf, sal enige verandering van tydskaal die verhouding vernietig tussen een ding se posisie ’n ander ding se spoed.

Maar ja, jy is natuurlik reg: Gee die man ’n kans.

'Luthon64
Spike (December 08, 2017, 08:17:17 AM):
My reaksie is gegrond op die voorstel dat ’n spesefieke voorwerp se posisie ’n ander ding se spoed aangee sonder enige duidelike verwysing of aanduiding van die nodige maatskale. Dìe voorstel openbaar ’n gebrek aan fisika insig. Al meet mens afstand en posisie met dieselfde maatstaf, sal enige verandering van tydskaal die verhouding vernietig tussen een ding se posisie ’n ander ding se spoed.

Ek het dit gisteraand getoets, en jy's reg. Toe ek die laaste glas uit die tweede bottel wyn wou tap, het my posisie reelreg met afstand gebots en is die verhouding met die bottel vernietig.

Hoe haal mens rooiwyn uit 'n katoenmatjie uit?
Mefiante (December 08, 2017, 09:45:32 AM):
Ek het dit gisteraand getoets, en jy's reg. Toe ek die laaste glas uit die tweede bottel wyn wou tap, het my posisie reelreg met afstand gebots en is die verhouding met die bottel vernietig.
Ja, dis min of meer wat ek bedoel het…

Hoe haal mens rooiwyn uit 'n katoenmatjie uit?
Indien die vlekkie nog steeds nat is kan jy ’n goie hopie gewone sout daaroor strooi en vir ’n paar uur so laat staan voor jy dit was. As die vlek klaar droog is sal dit moeiliker wees om dit skoon te kry. Maak die vlek dan eers deeglik nat met koue water voor jy die soutbehandeling toepas.

'Luthon64
Tweefo (December 08, 2017, 10:37:51 AM):
My reaksie is gegrond op die voorstel dat ’n spesefieke voorwerp se posisie ’n ander ding se spoed aangee sonder enige duidelike verwysing of aanduiding van die nodige maatskale. Dìe voorstel openbaar ’n gebrek aan fisika insig. Al meet mens afstand en posisie met dieselfde maatstaf, sal enige verandering van tydskaal die verhouding vernietig tussen een ding se posisie ’n ander ding se spoed.

Ek het dit gisteraand getoets, en jy's reg. Toe ek die laaste glas uit die tweede bottel wyn wou tap, het my posisie reelreg met afstand gebots en is die verhouding met die bottel vernietig.

Hoe haal mens rooiwyn uit 'n katoenmatjie uit?

Maar nou kan die vraag gevra word of dit toeval was of nie. Volgens Mr. Venter is die hele heelal geprogrameer en die wyn sou die glas mis, jy het verloor voor jy begin het. Lyk nie of hy gaan opdaag nie, dit kon interessant gewees het.

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

[*] Previous page

Skeptic Forum Board Index

Non-mobile version of page