Relatiwiteit soos op Facebook

(1/4) > >>

Tweefo (December 07, 2017, 10:47:46 AM):
Volg hierdie skakel om te sien waaroor dit gaan.

https://www.facebook.com/groups/sterreenplanete/permalink/1204647409679724/

Ek gaan Zacharias Venter hierna toe uitnooi om vir ons relatiwiteit te kom verduidelik. Weet nie of hy sal kom deelneem nie, maar kom ons probeer.
brianvds (December 07, 2017, 12:46:46 PM):
Dit is a geslote groep, so ek kan nie die individuele lede se bydraes sien nie, net die groepbeskrywing. Wie is Zacharias Venter? Wat is sy idee oor relatiwiteit? Kan hy Jupiter se mane met 'n klein teleskoop sien?
Tweefo (December 07, 2017, 15:16:41 PM):
Jammer, het nie geweet dis geslote nie. Iemand het die vraag gevra of dit toevallig is dat die piramiedes in Egipte se koordinante dieselfde syfers is as die spoed van lig (in kilometers / sek). Zacharias Venter se dat niks toevallig is nie, en dat ek nie die "relatiwiteid van tyd" verstaan nie. Reg sover, maar ek kan ook nie verstaan hoe twee goed wat niks met makaar te doen het nie, en wat met duisende jare in tyd van mekaar verskil, nie toevallig is nie. Hy sou die relatiwiteid van tyd kom verduidelik. Iemand anders het toe 'n link geplaas maar dit werk nie.
Spike (December 07, 2017, 16:07:47 PM):
By voorbaat welkom, Zacharias Venter!
Mefiante (December 07, 2017, 16:28:28 PM):
O wee, my liewe aarde, watse lagwekkende bóg is dit dìe?!

Die outydse egiptenare het nóg afstand in kilometers gemeet nie, nóg kennis gehad van ons lengte- en breedtegrade stelsel (wat op die ewenaar en Greenwich berus) vir posiesiebepalings nie. Die twee feite alleen is meer as genoeg om die hele storie as wensdenkery te vernietig.

'Luthon64

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Skeptic Forum Board Index

Non-mobile version of page