|
brianvds
|
 |
« Reply #1 on: December 07, 2017, 12:46:46 PM » |
|
Dit is a geslote groep, so ek kan nie die individuele lede se bydraes sien nie, net die groepbeskrywing. Wie is Zacharias Venter? Wat is sy idee oor relatiwiteit? Kan hy Jupiter se mane met 'n klein teleskoop sien?
|
|
|
Logged
|
|
|
|
Tweefo
|
 |
« Reply #2 on: December 07, 2017, 15:16:41 PM » |
|
Jammer, het nie geweet dis geslote nie. Iemand het die vraag gevra of dit toevallig is dat die piramiedes in Egipte se koordinante dieselfde syfers is as die spoed van lig (in kilometers / sek). Zacharias Venter se dat niks toevallig is nie, en dat ek nie die "relatiwiteid van tyd" verstaan nie. Reg sover, maar ek kan ook nie verstaan hoe twee goed wat niks met makaar te doen het nie, en wat met duisende jare in tyd van mekaar verskil, nie toevallig is nie. Hy sou die relatiwiteid van tyd kom verduidelik. Iemand anders het toe 'n link geplaas maar dit werk nie. 
|
|
|
Logged
|
|
|
|
Spike
Full Member
 
Skeptical ability: +1/-0
Offline
Posts: 183
|
 |
« Reply #3 on: December 07, 2017, 16:07:47 PM » |
|
By voorbaat welkom, Zacharias Venter!
|
|
|
Logged
|
|
|
|
Mefiante
Defollyant Iconoclast
Hero Member
   
Skeptical ability: +61/-9
Offline
Posts: 3719
In solidarity with rwenzori: Κοπρος φανεται
|
 |
« Reply #4 on: December 07, 2017, 16:28:28 PM » |
|
O wee, my liewe aarde, watse lagwekkende bóg is dit dìe?!
Die outydse egiptenare het nóg afstand in kilometers gemeet nie, nóg kennis gehad van ons lengte- en breedtegrade stelsel (wat op die ewenaar en Greenwich berus) vir posiesiebepalings nie. Die twee feite alleen is meer as genoeg om die hele storie as wensdenkery te vernietig.
'Luthon64
|
|
|
Logged
|
|
|
|
BoogieMonster
NP complete
Hero Member
   
Skeptical ability: +19/-1
Offline
Posts: 2920
|
 |
« Reply #5 on: December 07, 2017, 16:46:08 PM » |
|
Net nóg bewyse dat reptieliese ruimtebesoekers als so beplan het.
|
|
|
Logged
|
|
|
|
Spike
Full Member
 
Skeptical ability: +1/-0
Offline
Posts: 183
|
 |
« Reply #6 on: December 07, 2017, 16:57:51 PM » |
|
Wag nou, wag nou, moenie alles sommer net so afskiet nie! Gee die man 'n kans.
Raar maar waar: my pa het vir einste David Icke heeltemal toevallig ontmoet tydens 'n oorsese reis, lank voor ek (of my pa) van hom gehoor het.
|
|
|
Logged
|
|
|
|
Tweefo
|
 |
« Reply #7 on: December 07, 2017, 17:33:46 PM » |
|
Het ons 'n nuwe lid gekry vandag? Hy se hy het gerigestreer.
|
|
|
Logged
|
|
|
|
Spike
Full Member
 
Skeptical ability: +1/-0
Offline
Posts: 183
|
 |
« Reply #8 on: December 07, 2017, 17:43:06 PM » |
|
Jip
|
|
|
Logged
|
|
|
|
Tweefo
|
 |
« Reply #9 on: December 07, 2017, 17:53:02 PM » |
|
|
|
|
Logged
|
|
|
|
Spike
Full Member
 
Skeptical ability: +1/-0
Offline
Posts: 183
|
 |
« Reply #10 on: December 07, 2017, 18:03:06 PM » |
|
Dis automated?
|
|
|
Logged
|
|
|
|
Mefiante
Defollyant Iconoclast
Hero Member
   
Skeptical ability: +61/-9
Offline
Posts: 3719
In solidarity with rwenzori: Κοπρος φανεται
|
 |
« Reply #11 on: December 07, 2017, 18:33:57 PM » |
|
Wag nou, wag nou, moenie alles sommer net so afskiet nie! Gee die man 'n kans. My reaksie is gegrond op die voorstel dat ’n spesefieke voorwerp se posisie ’n ander ding se spoed aangee sonder enige duidelike verwysing of aanduiding van die nodige maatskale. Dìe voorstel openbaar ’n gebrek aan fisika insig. Al meet mens afstand en posisie met dieselfde maatstaf, sal enige verandering van tydskaal die verhouding vernietig tussen een ding se posisie ’n ander ding se spoed. Maar ja, jy is natuurlik reg: Gee die man ’n kans. 'Luthon64
|
|
|
Logged
|
|
|
|
Spike
Full Member
 
Skeptical ability: +1/-0
Offline
Posts: 183
|
 |
« Reply #12 on: December 08, 2017, 08:17:17 AM » |
|
My reaksie is gegrond op die voorstel dat ’n spesefieke voorwerp se posisie ’n ander ding se spoed aangee sonder enige duidelike verwysing of aanduiding van die nodige maatskale. Dìe voorstel openbaar ’n gebrek aan fisika insig. Al meet mens afstand en posisie met dieselfde maatstaf, sal enige verandering van tydskaal die verhouding vernietig tussen een ding se posisie ’n ander ding se spoed.
Ek het dit gisteraand getoets, en jy's reg. Toe ek die laaste glas uit die tweede bottel wyn wou tap, het my posisie reelreg met afstand gebots en is die verhouding met die bottel vernietig. Hoe haal mens rooiwyn uit 'n katoenmatjie uit?
|
|
|
Logged
|
|
|
|
Mefiante
Defollyant Iconoclast
Hero Member
   
Skeptical ability: +61/-9
Offline
Posts: 3719
In solidarity with rwenzori: Κοπρος φανεται
|
 |
« Reply #13 on: December 08, 2017, 09:45:32 AM » |
|
Ek het dit gisteraand getoets, en jy's reg. Toe ek die laaste glas uit die tweede bottel wyn wou tap, het my posisie reelreg met afstand gebots en is die verhouding met die bottel vernietig. Ja, dis min of meer wat ek bedoel het…  Hoe haal mens rooiwyn uit 'n katoenmatjie uit? Indien die vlekkie nog steeds nat is kan jy ’n goie hopie gewone sout daaroor strooi en vir ’n paar uur so laat staan voor jy dit was. As die vlek klaar droog is sal dit moeiliker wees om dit skoon te kry. Maak die vlek dan eers deeglik nat met koue water voor jy die soutbehandeling toepas. 'Luthon64
|
|
|
Logged
|
|
|
|
Tweefo
|
 |
« Reply #14 on: December 08, 2017, 10:37:51 AM » |
|
My reaksie is gegrond op die voorstel dat ’n spesefieke voorwerp se posisie ’n ander ding se spoed aangee sonder enige duidelike verwysing of aanduiding van die nodige maatskale. Dìe voorstel openbaar ’n gebrek aan fisika insig. Al meet mens afstand en posisie met dieselfde maatstaf, sal enige verandering van tydskaal die verhouding vernietig tussen een ding se posisie ’n ander ding se spoed.
Ek het dit gisteraand getoets, en jy's reg. Toe ek die laaste glas uit die tweede bottel wyn wou tap, het my posisie reelreg met afstand gebots en is die verhouding met die bottel vernietig. Hoe haal mens rooiwyn uit 'n katoenmatjie uit? Maar nou kan die vraag gevra word of dit toeval was of nie. Volgens Mr. Venter is die hele heelal geprogrameer en die wyn sou die glas mis, jy het verloor voor jy begin het. Lyk nie of hy gaan opdaag nie, dit kon interessant gewees het.
|
|
|
Logged
|
|
|
|
|