South Africa Flag logo

South African Skeptics

October 17, 2017, 20:24:17 PM
Welcome, Guest. Please login or register.
Did you miss your activation email?

Login with username, password and session length
Go to mobile page.
News: Please read the posting guidelines before posting.
   
   Skeptic Forum Board Index   Help Forum Rules Search GoogleTagged Login Register Chat Blogroll  
Pages: [1]   Go Down
  Print  
Author Topic:

Skandelik hoe min ons weet

 (Read 2561 times)
0 Members and 1 Guest are viewing this topic.
brianvds
Hero Member
*****

Skeptical ability: +12/-0
Offline Offline

Posts: 1570



« on: March 09, 2014, 05:29:07 AM »

Nou ja, as selfs Rapport begin kla dat mense te min wetenskap ken, dan is ons wraggies in die moeilikheid...

Skandelik hoe min ons weet

http://www.rapport.co.za/Suid-Afrika/Nuus/Skandelik-hoe-min-ons-weet-20140308

Logged
Tweefo
Hero Member
*****

Skeptical ability: +9/-0
Offline Offline

Posts: 1466



WWW
« Reply #1 on: March 09, 2014, 08:00:48 AM »

Ek moet erken dat nommer drie my gevang het. Embarrassed
Logged
brianvds
Hero Member
*****

Skeptical ability: +12/-0
Offline Offline

Posts: 1570



« Reply #2 on: March 09, 2014, 09:39:20 AM »

Ek moet erken dat nommer drie my gevang het. Embarrassed

Nou ja, nege uit tien is nie te sleg nie. :-)

Ek het dit interessant gevind dat Afrikaners evolusie verwerp. Maar dit verbaas my ook nie eintlik nie, want oor die afgelope dekade of twee, sedert Afrikaners hul politieke mag verloor het, het hulle hul op baie groot skaal gewend na religie, en dan dikwels fundamentalistiese weergawes daarvan.
Logged
Mefiante
Defollyant Iconoclast
Hero Member
*****

Skeptical ability: +60/-9
Offline Offline

Posts: 3679


In solidarity with rwenzori: Κοπρος φανεται


WWW
« Reply #3 on: March 09, 2014, 17:23:43 PM »

Meer oor die storie.

'Luthon64
Logged
cyghost
Skeptically yours
Hero Member
*****

Skeptical ability: +12/-1
Offline Offline

Posts: 1401


Carpe diem


« Reply #4 on: March 10, 2014, 07:19:18 AM »

10 / 10   soos almal bewus is, is ek alwetend...
Logged
Rigil Kent
Clotting Factor
Hero Member
*****

Skeptical ability: +19/-3
Offline Offline

Posts: 2423


Three men make a tiger.


« Reply #5 on: March 10, 2014, 07:55:55 AM »

Ek het ook 10/10. Maar ek het afgekyk.
Logged
brianvds
Hero Member
*****

Skeptical ability: +12/-0
Offline Offline

Posts: 1570



« Reply #6 on: March 16, 2014, 06:45:47 AM »

Nou ja, die sage duur voort:

http://www.rapport.co.za/MyRapport/Briewe/Wenbrief-Hoe-sou-Einstein-gevaar-het-20140315

Wenbrief: Hoe sou Einstein gevaar het?
deur Dr. Bernhard Ficker, Somerset-Wes:
2014-03-15 23:19
Die berig “Skandelik hoe min SA weet – Suid-Afrikaners vaar swakker in peiling oor die wetenskap as ‘oningeligte’ Amerikaners” (Rapport, 9 Maart) laat ’n mens wonder hoe Einstein sou gevaar het in hierdie toets?

Veral omdat hy glo maar swakkerig op skool gevaar het en in soortgelyke elementêre toetse soms minder as die klasgemiddelde gekry het.

Sommige van die toetse wat aan hom gegee is, was te simplisties en oorvereenvoudig; hy het veel meer daarin gelees as wat hy veronderstel was.

Hy sou byvoorbeeld die stelling dat “die vastelande beweeg al miljoene jare lank uit plek en sal voortgaan om te beweeg” dalk verkeerd beantwoord het.

Hy sou kon argumenteer dat die vastelande al biljoene jare beweeg, nié miljoene jare nie. As kosmoloog sou Einstein heel moontlik ook die stelling “Die heelal het met ’n groot ontploffing begin” verkeerd beantwoord het.

Dís omdat dit oudmodies is om te praat van ’n heelal en jy deesdae eerder moet praat van ’n veelal. Daar is geen eenstemmigheid onder fisiese kosmoloë oor die oerknal-teorie nie. Om dus summier ’n klinkklare ja of nee hieroor te verwag, is verregaande.

Die stelling “Die mens het uit vorige diere ontwikkel” sou Einstein beslis nie ondersteun het nie. Hy het nooit die mens as slegs ’n gevorderde dier gesien nie – die wesenlike kwantumverskille was net te groot!

Soos een soölogie-professor altyd aan sy studente gesê het: Hulle moet altyd onthou dat 50% van wat hy hulle leer moontlik binne die volgende 50 jaar as verkeerd bewys sal word. Die ongeluk is hy weet nie watter 50% nie. Miskien wys die uitslag ons het meer ontluikende Einsteins in Suid-Afrika as in die VSA!



Kommentaar: As jy my vra, waarskynlik 'n kreasionis. Sien gerus ook die kommentare op die brief by die webbladsy. Laat my altyd so mengsel ervaar van lag en frustrasie. :-)
Logged
Tweefo
Hero Member
*****

Skeptical ability: +9/-0
Offline Offline

Posts: 1466



WWW
« Reply #7 on: March 16, 2014, 08:59:31 AM »

Quote
Kommentaar: As jy my vra, waarskynlik 'n kreasionis. Sien gerus ook die kommentare op die brief by die webbladsy. Laat my altyd so mengsel ervaar van lag en frustrasie. :-)
Daar is darm so paar kommentare wat wat deur die ou sien.
Logged
Mefiante
Defollyant Iconoclast
Hero Member
*****

Skeptical ability: +60/-9
Offline Offline

Posts: 3679


In solidarity with rwenzori: Κοπρος φανεται


WWW
« Reply #8 on: March 16, 2014, 10:54:46 AM »

Kommentaar: As jy my vra, waarskynlik 'n kreasionis.
Ja, Dr. Bernhard Ficker is wél ’n kreasionis, nogal een van SA se bekendes.  Hy is glo ’n fisikus maar met die gewoonlike arrogansie van die kreasionis, gee hy voor hy’s  ook ’n deskundige in biologie en verwante vakke.

Byvoegsel:  Ficker se laaste sin, indien hy dit ernstig bedoel, wys dat die man glad nie van die eenvoudigste verklaring van ’n fenomeen hou nie.  Hy verkies ingewikkeldheid en dít is een kenmerk van ’n kreasionis.

'Luthon64
Logged
Pages: [1]   Go Up
  Print  
GoogleTagged: google


 
Jump to:  

Powered by SMF 1.1.11 | SMF © 2006-2009, Simple Machines LLC
Page created in 0.303 seconds with 23 sceptic queries.
Google visited last this page August 09, 2017, 15:36:33 PM
Privacy Policy