Spirituele Intelligensie op SêNet

(1/4) > >>

Sentinel (December 07, 2008, 21:46:32 PM):
Ek vra om verskoning vir die lengte van hierdie skrywe. Diegene wat die forum op LitNet ken, kan gerus vanaf die horisontale lyn hier onder lees.

Vir ongeveer die laaste dekade, regeer 'n vuurwarm religieuse debat die forum van die Internet joernaal, LitNet. In 2004 is 'n boek uitgereik met uitknipsels van die forum, getiteld: Die omstrede God - Bestaan God of nie?.

Daarin adresseer "Thomas" 'n uitdaging aan ateïste:
Quote
Maak julleself (die uitgesproke ateïste) beskikbaar as proefkonyne aan die beoefenaars van voedoe, towery en ander swartkunste sodat hulle hul kragte op u kan demonstreer...
... As u ongeskonde daarvan afkom, het u die argument gewen, nie net ten opsigte van die bestaan van bose magte nie, maar ook ten opsigte van die bestaan van God. Indien nie... dan aanvaar ons dit as bewys ten gunste van die bestaan van die geestelike dimensie.


Nadat hy die uitdaging aanvaar het, skryf “Hendrik” op 11 Maart 2003:
Quote
Hier is ek nog. Lewendig. Gesond. Ongeskonde.


Vir die afgelope paar jaar het ek so nou en dan ingeloer en 'n paar van die briewe gelees. Ek stel nie juis belang om deel te neem nie, as gevolg van die moeilike formaat van die forum. (Elkeen rig 'n e-pos aan die redakteur wat dan twee maal per dag gepubliseer word. Lede kan ook nie maklik die verskeie onderwerpe volg nie. Glad nie so oulik soos South African Skeptics nie!)


Die nuwe onderwerp wat so nou en dan vorendag kom is Spiritualiteit en “Spirituele Intelligensie” (SI). :o


Die voorstaander van spiritualiteit en SI is KdeK oftewel Kobus de Klerk.
Quote
Spiritualiteit is, uit 'n suiwer wetenskaplike oogpunt beskou, daardie energie wat die mens in kontak bring met die "onsigbare" (verborge) reële energieke wesens wat die fisieke mens te alle tye omgewe, en wat, of die mens dit weet, erken, herken al dan nie, 'n wesentlike invloed op die mens se daaglikse bestaan het. In alle fasette daarvan.

Suiwer wetenskaplike oogpunt? ???


Sy definisie van SI volgens sy brief is soos volg:
Quote
Spirituele intelligensie is dáárdie vermoë wat die mens gekry het om bewus te word van daardie energieke wesens, met hulle interaksie te hê, en bewustelik met hulle te verkeer, spirituele keuses te maak, in die besef van watter voor- en nadele sekere spirituele optrede kan hê op die empiriese lewenswandel van elke mens.



Volgens KdeK, het ons SI nodig om met die spirituele taal van die Bybel te bind. Selfs “Thomas” se doktorsgrade en wetenskaplike kennis beteken niks teen sy SI nie.

Quote
Ek verseker jou, al het jy hoeveel doktorsgrade, baat dit jou niks waar dit kom by die onderwerp onder bespreking nie, die bestaan al dan nie van Spirituele Intelligensie, en die uitwerking daarvan by mense nie.


Dit blyk of “SI” die naam van 'n reeks van sielkundige simptome is.

Sentinel


P.S. For those who wish to comment in English, please go here
Mefiante (December 07, 2008, 22:01:01 PM):
KdeK praat KáK.

'Luthon64
Sentinel (December 07, 2008, 22:19:30 PM):
KdeK praat KáK.

'Luthon64
;D
Sentinel (December 09, 2008, 16:41:10 PM):
Dit blyk of “SI” die naam van 'n reeks van sielkundige simptome is.


"Angus" sê hy moet professionele hulp gaan soek:
Quote
Kobus, ek is nou ernstig; gaan spreek so gou as moontlik 'n dokter. Hy sal weet of hy jou na 'n psigiater of breinchirurg toe moet verwys.
Rigil Kent (December 10, 2008, 22:27:02 PM):
Ek wonder wat hy bedoel met "bewus word" van energieke verborge wesens; is dit soos om geeste kan sien, of hoor 'n ou hulle net praat? My vrou het in KZN grootgeword. As klein dogterjie het sy blykbaar telkens 'n soldaat met 'n rooi uniform, wat snags in hul gang op en af marsjeer het, gesien. Hy het dan weer skielik verdwyn, soos spoke maar doen. Sy glo vandag nog vas daaraan. Daar was die een of ander geskiedkundige verband - 'n veldslag of iets - in die omgewing.

Nou wonder ek of kinders meer SIgent is as grootmense. Of is dit iets wat jy moet oefen?
Miskien moet ek maar opspaar vir Kobus se boek.

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Skeptic Forum Board Index

Non-mobile version of page