Totius

(1/4) > >>

coelacanth (February 23, 2013, 23:14:32 PM):
Ek lees Totius en vra my af of die woord onverwrikbre eg bestaan. Moet dit nie onverwrikbare wees nie?
Of bedoel hy onverwrikb're?



Wat dink julle?
brianvds (February 24, 2013, 04:57:31 AM):
Ek lees Totius en vra my af of die woord onverwrikbre eg bestaan. Moet dit nie onverwrikbare wees nie?
Of bedoel hy onverwrikb're?
Wat dink julle?

Ek dink jou tweede opsie. Dalk 'n drukfout in die uitgawe wat jy lees? Weet nie - Totius is nou omtrent uit die oertyd en dalk was die spelreëls toe effens anders as nou, of dalk het hy bloot oorboord gegaan met digterlike vryheid. Maar as ek nou reg onthou, het hy nogal heelwat gebruik gemaak van daardie, um, wat noem mens daardie aanhalingstekendingetjie in elk geval? Ek sien hom ook in sy gedig "Repos ailleurs", waar die woord "kostelike" as "kost'like" verkort word.

Faerie (February 24, 2013, 05:56:08 AM):
Ek vermoed ou spelreels. "Die oue Wilg" het dadelik in my gedagtes opgekom, hy gebruik ook die woord "skeemring" in 'n paar van sy gedigte, wat sekerlik vandag "skemering" sou wees.

Ag, ou poesie is darem maar mooi...

Vergewe en vergeet

Daar het 'n doringboompie
vlak by die pad gestaan
waar lange ossespanne
met sware vragte gaan

en eendag kom daarlanges
'n ossewa verby
wat met sy sware wiele
dwars-oor die boompie ry


(standerd 4?? in my in gedonner...)
Mefiante (February 24, 2013, 08:00:53 AM):
… wat noem mens daardie aanhalingstekendingetjie in elk geval?
Afkappingsteken of afkapteken (Engels: apostrophe).



Hier is coelacanth se afbeelding:


'Luthon64
brianvds (February 24, 2013, 09:10:20 AM):
Ek vermoed ou spelreels. "Die oue Wilg" het dadelik in my gedagtes opgekom, hy gebruik ook die woord "skeemring" in 'n paar van sy gedigte, wat sekerlik vandag "skemering" sou wees.
Ag, ou poesie is darem maar mooi...
(standerd 4?? in my in gedonner...)

Maak mens skoon nostalgies vir die goeie ou dae... :-)

Nog Totius:

Repos ailleurs (Die rus is elders)
-Totius

In die eensame veld
staan 'n tentjie klein,
en daarnaas in die skeemring
skuif die ligtende trein;
ek sien in die tentjie,
deur die oop gordyn,
'n tafel met bordjies
en glasies fyn,
wat sag in die lig
van die kersie skyn,
en ek dag: "Was ek net
in die tentjie klein,
ek sou tog so gelukkig syn."

Naas die eensame tent
staan 'n meisie klein,
in stomme bewond'ring
van die ligtende trein;
sy sien my geniet
my glansende wyn
en kost'like maal
by elektriese skyn;
en ek raai die gedagte
van die meisie klein:
"Ag, was ek maar net
in die vrolike trein,
ek sou tog o so gelukkig syn".

Bostaande straks ook êrens uit my laerskoolloopbaan, en dit vang iets vas wat ek self op jeugdige ouderdom goed mee vertroud was.

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Skeptic Forum Board Index

Non-mobile version of page