South Africa Flag logo

South African Skeptics

June 22, 2018, 03:22:53 AM
Welcome, Guest. Please login or register.
Did you miss your activation email?

Login with username, password and session length
Go to mobile page.
News: Follow saskeptics on twitter.
   
   Skeptic Forum Board Index   Help Forum Rules Search GoogleTagged Login Register Chat Blogroll  
Pages: [1] 2  All   Go Down
  Print  
Author Topic:

Vervelig

 (Read 6321 times)
0 Members and 1 Guest are viewing this topic.
Tweefo
Hero Member
*****

Skeptical ability: +9/-0
Offline Offline

Posts: 1502



WWW
« on: July 18, 2010, 16:56:02 PM »

Wat 'n vervelige lewe. Ek vat my dogter (1ste jaar Tukkies) terug en sien die Rapport se voorblad nuus. 7de Laan! Is dit die hoof nuus berig van die week? Laat 'n mens amper wens dat Malema iets sê.
Logged
Rigil Kent
Clotting Factor
Hero Member
*****

Skeptical ability: +19/-3
Offline Offline

Posts: 2439


Three men make a tiger.


« Reply #1 on: July 18, 2010, 20:50:26 PM »

Volgens die berig het matrone iemand met 'n motordeur raakgeslaan. In die regte lewe. My vrou het die storie hardop vir my gelees in die kar vannoggend.  Embarrassed

Ek skat daar's 'n mark vir als.

Mintaka
Logged
Brian
Hero Member
*****

Skeptical ability: +8/-1
Offline Offline

Posts: 1367


I think therefor I am, I think


« Reply #2 on: July 19, 2010, 07:59:24 AM »

Moenie te gou wens vir kak nie...ek kan onthou hoe't ek jare terug gewens dat ons koerante net brood en botter stories eendag so dra...hulle was desyds vol nasionale party strond en propaganda en 'terrorisme' en rassisme...agter elke bos het 'n kommunis geskuil...ek't gesweer as my seun grens toe moes gaan en dood geskiet sou word sou ek persoonlik vir Gnl Magnus Malan skiet. Hy (my laaitie) was gelukkig die laaste 'intake' en het net op Mozambique se grens op 'wilddiewe' jag gemaak. Huh?
Logged
GCG
Hero Member
*****

Skeptical ability: +8/-4
Offline Offline

Posts: 1829


skeptical mantis is skeptical


adele horn
WWW
« Reply #3 on: July 19, 2010, 10:07:17 AM »

ek lees nie koerant nie, en ek kyk nie nuus nie.  dis vir my erg depressing.  ek gaan elke nou en dan op wikipedia om te kyk wat is nou regtig belangrik.
ek raak bemoerd vir stupid mense op die nuus, en ek kan niks aan die situasie nie, so ek maak myself net upset vir niks.
Logged
Faerie
Hero Member
*****

Skeptical ability: +10/-2
Offline Offline

Posts: 2094



« Reply #4 on: July 19, 2010, 10:13:27 AM »

Wel, as jy nou iets soek om oor te lag, en dan na effe nadenke skoon terneergedruk te word, gooi 'n oog oor die SA Idols op DSTV. Het per ongeluk daarop afgekom gisteraand en was skoon histeries van die giggels. Aan die ander kant, dit raak nogal gou oud om te kyk hoe afikaners hul name krater maak....
Logged
GCG
Hero Member
*****

Skeptical ability: +8/-4
Offline Offline

Posts: 1829


skeptical mantis is skeptical


adele horn
WWW
« Reply #5 on: July 19, 2010, 11:50:47 AM »

ongelukkig is ek een van hierde arm blixems sonder DSTV of 'n yskas.  so ek hoor maar die stories deur Gareth op 5fm.
Logged
Brian
Hero Member
*****

Skeptical ability: +8/-1
Offline Offline

Posts: 1367


I think therefor I am, I think


« Reply #6 on: July 19, 2010, 16:01:22 PM »

ongelukkig is ek een van hierde arm blixems sonder DSTV of 'n yskas.  so ek hoor maar die stories deur Gareth op 5fm.
antwoord is koop 'n yskas oppie never never met 'n TV in (smaak my dis beskikbaar WTF!!) dan kan jy voor die yskas sit, 'n bier uithaal en kyk... Grin
Logged
GCG
Hero Member
*****

Skeptical ability: +8/-4
Offline Offline

Posts: 1829


skeptical mantis is skeptical


adele horn
WWW
« Reply #7 on: July 19, 2010, 16:22:42 PM »

ek weet noggie hoekom hulle heeltemal die tv staties uitgeskakel het nie.  ek skeem, maak jou tv sommer jou pc, dan kan jy jou programme direk van die net af kyk. jou groceries in die adbreak koop, jou facebook update, en as jou hele huis op bluetooth werk, dan kan jou yskas jou vertel die melk is op.
my gat sal effe groot raak as ek voor die tv/yskas moet sit, ek sal myself in 'n koma in vreet.  dis te veel moeite om te loop na die kombuis.  wat soos in 5m van die couch af is.  luigatgeit is baie erg.
Logged
Brian
Hero Member
*****

Skeptical ability: +8/-1
Offline Offline

Posts: 1367


I think therefor I am, I think


« Reply #8 on: July 19, 2010, 16:29:49 PM »

ek weet noggie hoekom hulle heeltemal die tv staties uitgeskakel het nie.  ek skeem, maak jou tv sommer jou pc, dan kan jy jou programme direk van die net af kyk. jou groceries in die adbreak koop, jou facebook update, en as jou hele huis op bluetooth werk, dan kan jou yskas jou vertel die melk is op.
smaak my jy't 'n sugardaddie nodig Evil
Logged
GCG
Hero Member
*****

Skeptical ability: +8/-4
Offline Offline

Posts: 1829


skeptical mantis is skeptical


adele horn
WWW
« Reply #9 on: July 19, 2010, 16:42:59 PM »

ek het 'n sleepsel wat nie te kak af is nie, maar ek is heeltemal te hardegat om so te leef.  ek bogger maar voort en sit sonder 'n fridge.  ek kon die wasmasjien fix, maar van fridges weet ek net mooi boggerol.  ek suspect die gas is op.  maar om een van die mak wetters by jou huis uit te kry om die ding te service, is nogals nie goedkoop nie.
en ek moet eers my kar se licence, en my drivers gaan renew.
maar ek sal like om allerhande gadets te he.  dis die tomboy in my.
Logged
Jane of the Jungle
Full Member
***

Skeptical ability: +4/-0
Offline Offline

Posts: 235



« Reply #10 on: July 20, 2010, 00:20:34 AM »

GG pm my dan vetel jy my biki wat maak daai Fridge van jou, dalkies kan ek jou help!
Ons is al teveel keer ini lewe deur geld wolwe ingedoen en het maar ‘n ding of twee so
Deur die tyd gevang.  Onder andere dat ‘n “fridge” se gas nie kan “klaar” raak nie, tensy
Jy nou onlangs getrek het of hom ernstig rond gestamp het en daar ‘n gas lek is! Daar is
‘n groot moontlikheid dat dit die “Thermotstat” is wat foutief is!

‘n Ander “nice handy tip” wat ek altyd vir almal gee is, wanneer jy  dat jou microgolf opgepak het, toets hom eers self (anders word jy vinnig vir ‘n microtron gecharge)
Sit ‘n glas water in die microwave en sit ‘n bayonet tipe lig bulb in die water sodat bulb op glas rus en
Staal deel heeltemal onder water is.  Sit die mikrogolf aan en as die bulb verlig, makeer jou
Microtron niks nie en is dit heel waarskynlik ‘n “fuse” in die mikrogolf wat geblaas het.  Ons moes maar opi harde manier leer,  die blikskottels charge jou ‘n mase klomp geld en ruil net ‘n “fuse”

Jis nou lyk dit soos 'n "Soooo maak mens" Tread  Grin
Logged
Faerie
Hero Member
*****

Skeptical ability: +10/-2
Offline Offline

Posts: 2094



« Reply #11 on: July 20, 2010, 07:32:17 AM »

Ek het 'n spaar yskas in die laundry, die ding staan net daar en vat spasie op, as jy belangstel en 'n bakkie en 'n paar sterk hande kan organise, dan kan jy die ding kom haal. Nou nie die modernste ding nie, en so bietjie gekrap van al die trek, maar het maklik nog so 5 jaar se lewe in hom.
Logged
GCG
Hero Member
*****

Skeptical ability: +8/-4
Offline Offline

Posts: 1829


skeptical mantis is skeptical


adele horn
WWW
« Reply #12 on: July 20, 2010, 09:25:50 AM »

@ faeire - dankie hoor!!!! ek sal kyk wat ek kan organise.  dis effe 'n pyn in die gat om sonder 'n fridge te sit.  mens vergeet hoe afhanklik mens van die ding is.

@ Jane - simptome soos volg - eers het die fridge deel nie so lekker koud gemaak nie,  toe sommer glad nie.  sommer later warm daar binne begin raak.   soos in erg.  toe het die freezer box ook sommer gevrek.  nou is hy oorlede.  die masjien gaan nog druk aan, en ek het die grid agter skoongemaak.  en die ding het nie 'n cooling fan nie.  en ek het geen fokken clue waar die thermostat is nie.  die hele agterkant is sealed, so mens kan niks oop maak om te kyk nie.  al wat mens kan sien en bykom is die compressor.  en van daai goed weet ek net mooi niks.

die hele DIY thread is eintlik nie 'n bad idea nie,  mens kan netsowel idees deel.
Logged
Jane of the Jungle
Full Member
***

Skeptical ability: +4/-0
Offline Offline

Posts: 235



« Reply #13 on: July 21, 2010, 22:33:48 PM »

@ Jane - simptome soos volg - eers het die fridge deel nie so lekker koud gemaak nie,  toe sommer glad nie.  sommer later warm daar binne begin raak.   soos in erg.  toe het die freezer box ook sommer gevrek.  nou is hy oorlede. 


GG ek is nou nie 'n qualified nie maar praat maar uit ondervinding, ons onself het ook maar lank "einde van
die maand salty crackers" geeet Wink maer jare gehad!  Het so bietjie ondervinding langs die pad opgetel!

Klink my so al dit is jou yskas se "Defrost heater" wat buggered is. Kan nie verseker se nie, want dit is tussen
hom en die "Thermostat"  Ek het gou vir jou twee sites opgesoek wat so bietjie van die simptome beskryf, jy sal
dit kan vergelyk met wat jy ervaar het!
http://www.appliance411.com/faq/defrostproblem.shtml
http://www.applianceaid.com/defrost_cycle.html

Ons het maar alle hakkies en skroefies los gemaak in die yskas en so
die goedjies ontdek.  Die "Thermostat" is sigbaar, dit is die draai knoppie waarmee jy die temperatuur in die yskas verstel en lyk so in die agterkanthttp://shop.ukwhitegoods.co.uk/images/596249_fridge_thermostat.jpg Die pypie wat koue gelei veroorsaak dat die "thermostat" die sein na motor gee om aan en af te skakel.  Jy kan hom toets, deur die pypie versigtig uit te trek (moet nie knak nie) yskas aan te sit, en dan soveel moontlik
van die pypie in 'n lang glas ys + water te druk.  Sorg net dat jy die water weg hou van die elektriese drade! Roll Eyes
Stel die temperatuur "setting" maar op sy warmste, anders staan jy voor die fridge vir 'n leeftyd. 
Obviously, as die “compressor” uitskop, beteken dit jou “thermostat” is honderd en ‘n redelike kans
dat dit eerder die “defrost heater” is.  Ons het voorheen die  “defrost heater” vervang en maar gehoop en “bid” dat dit hy was. Maar as iemand vir jou ‘n multimeter het om te leen, kan jy op bogenoemde “site” sien hoe om die “defrost heater” daarmee te toets!
As jy ‘n “appliance spare shop” naby jou het, kan jy hul vra om net vir jou te kyk op hul “spares” lys of jou yskas ‘n “defrost heater” in het of ‘n “timer”!  Ook nie nodig om “original parts” ten duurste te koop nie, mens kry goedkoper weergawes!
Toets gerus jou yskas en laat weet of jy iets wys kon raak! Wink
Logged
Faerie
Hero Member
*****

Skeptical ability: +10/-2
Offline Offline

Posts: 2094



« Reply #14 on: July 23, 2010, 13:22:46 PM »

jA-NEE,hierdie thread het behoorlik van die bus af geneuk.... van 7de laan na yskaste toe....  Cheesy
Logged
Pages: [1] 2  All   Go Up
  Print  


 
Jump to:  

Powered by SMF 1.1.11 | SMF © 2006-2009, Simple Machines LLC
Page created in 0.358 seconds with 23 sceptic queries.
Google visited last this page June 15, 2018, 06:26:43 AM
Privacy Policy