Vervelig

(1/4) > >>

Tweefo (July 18, 2010, 16:56:02 PM):
Wat 'n vervelige lewe. Ek vat my dogter (1ste jaar Tukkies) terug en sien die Rapport se voorblad nuus. 7de Laan! Is dit die hoof nuus berig van die week? Laat 'n mens amper wens dat Malema iets sĂȘ.
Rigil Kent (July 18, 2010, 20:50:26 PM):
Volgens die berig het matrone iemand met 'n motordeur raakgeslaan. In die regte lewe. My vrou het die storie hardop vir my gelees in die kar vannoggend. :-[

Ek skat daar's 'n mark vir als.

Mintaka
Brian (July 19, 2010, 07:59:24 AM):
Moenie te gou wens vir kak nie...ek kan onthou hoe't ek jare terug gewens dat ons koerante net brood en botter stories eendag so dra...hulle was desyds vol nasionale party strond en propaganda en 'terrorisme' en rassisme...agter elke bos het 'n kommunis geskuil...ek't gesweer as my seun grens toe moes gaan en dood geskiet sou word sou ek persoonlik vir Gnl Magnus Malan skiet. Hy (my laaitie) was gelukkig die laaste 'intake' en het net op Mozambique se grens op 'wilddiewe' jag gemaak. ???
GCG (July 19, 2010, 10:07:17 AM):
ek lees nie koerant nie, en ek kyk nie nuus nie. dis vir my erg depressing. ek gaan elke nou en dan op wikipedia om te kyk wat is nou regtig belangrik.
ek raak bemoerd vir stupid mense op die nuus, en ek kan niks aan die situasie nie, so ek maak myself net upset vir niks.
Faerie (July 19, 2010, 10:13:27 AM):
Wel, as jy nou iets soek om oor te lag, en dan na effe nadenke skoon terneergedruk te word, gooi 'n oog oor die SA Idols op DSTV. Het per ongeluk daarop afgekom gisteraand en was skoon histeries van die giggels. Aan die ander kant, dit raak nogal gou oud om te kyk hoe afikaners hul name krater maak....

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Skeptic Forum Board Index

Non-mobile version of page