South Africa Flag logo

South African Skeptics

September 21, 2019, 19:53:46 PM
Welcome, Guest. Please login or register.
Did you miss your activation email?

Login with username, password and session length
Go to mobile page.
News: Please read the forum rules before posting.
   
   Skeptic Forum Board Index   Help Forum Rules Search GoogleTagged Login Register Chat Blogroll  
Pages: [1]   Go Down
  Print  
Author Topic:

'n Gewete ...

 (Read 2259 times)
0 Members and 1 Guest are viewing this topic.
Rigil Kent
Clotting Factor
Hero Member
*****

Skeptical ability: +19/-3
Offline Offline

Posts: 2460


Three men make a tiger.


« on: June 16, 2012, 11:54:29 AM »

... sê die mense, is daardie deel van jou wat pyn terwyl alles andersins goed voel. In die volksmond is 'n psigopaat iemand wat min of meer gewetenloos is. Ek het al selfs mense ontmoet wat beweer dat ons gewete niks minder is as die heilige gees wat met ons praat nie! So ek sal graag jul mening wil hoor oor die volgende:

Is'n gewete die voorvereiste vir 'n sosiaal aanvaarbare optrede? Of anders gestel, dink jy mens kan normaal deur die lewe gaan sonder 'n gewete?

Is die gewete 'n oorblyfsel van 'n eens gelowige agtergrond, of 'n produk van evolusie? Word ons daarmee gebore, of is dit aangeleer?

Rigil
Logged
Gogtjop
Newbie
*

Skeptical ability: +1/-0
Offline Offline

Posts: 20


« Reply #1 on: June 16, 2012, 16:37:50 PM »

Ek sou sê daar is 'n verskil tussen 'n gewete, en skuldgevoelens. Godsdienstigheid gee skuldgevoelens, en nie noodwendig 'n gewete nie.

Daar is natuurlik baie mense wat geensins onder die jeuk van geloof grootgemaak is nie, wat goeie, saggeaarde mense met meegevoel is. Dit is genoeg om die spesifieke vraag: 'Is dit 'n oorblyfsel van geloof?' vir my te beantwoord, en natuurlik is die antwoord vir my 'nee'. Gelowiges sal dalk argumenteer dat die lesse wat sulke kinders ontvang het in elkgeval van godsdiens afkomstig is, maar ek dink nie daar is enige bewyse daarvoor nie.

Inteendeel, ek voer aan dat godsdiens juis baie suksesvol is omdat dit doelbewus die mens se ingeboude gewetensin uitbuit om ditself ingewurm te kry en te hou.

Waar ons gewetenssin in die eerste plek vandaan kom, is 'n interessante vraag. Dit is al reeds getoon dat diere soos sjimpansees wel in staat is tot samewerking en gemeenskaplike meegevoel in die konteks van die groep, en dat meeste evolusioniste juis sulke groepssamewerking aanvaar as 'n selektiewe faktor wat reproduktiewe sukses aanhelp. Dit word dus ook aangevoer as die babatreetjies van 'n kollektiewe bewussyn en die oorsprong van 'n emotionele gewetenssin in hoëre diere .

Hier is 'n interessante artikel wat die rol van genetiese en fisiologiese faktore in die emosionele ontwikkeling van 'n 'moeilike' kind verder onder die soeklig sit:

http://www.nytimes.com/2012/05/13/magazine/can-you-call-a-9-year-old-a-psychopath.html?_r=1&pagewanted=all

In die ou dae (en baie mense voel nog steeds só) sou daar bestempel word het dat die kind 'n goeie gatbliksem nodig het, maar dit is duidelik glad nie so eenvoudig nie.
Logged
Rigil Kent
Clotting Factor
Hero Member
*****

Skeptical ability: +19/-3
Offline Offline

Posts: 2460


Three men make a tiger.


« Reply #2 on: June 17, 2012, 06:20:00 AM »

Ek sou sê daar is 'n verskil tussen 'n gewete, en skuldgevoelens.
Regtig? Ek sien geen ooglopende verskil tussen die twee nie, ... vir my voel die twee in elk geval dieselfde. Hoe sou jy hulle onderskei?

Quote
Daar is natuurlik baie mense wat geensins onder die jeuk van geloof grootgemaak is nie, wat goeie, saggeaarde mense met meegevoel is.
Neig om saam te stem hiermee. Daars geen rede om te glo dat ons gewete nie 'n genetiese produk is nie. Maar tog, ek vermoed ook dit moet "aangeskakel" word deur 'n minimum hoeveelheid interaksie met ander mense.

Quote
Inteendeel, ek voer aan dat godsdiens juis baie suksesvol is omdat dit doelbewus die mens se ingeboude gewetensin uitbuit om ditself ingewurm te kry en te hou.
Interessante gedagte. (Het per ongeluk jou status in die verkeerde rigting verander ... het die moderator gevra om dit te herstel Embarrassed...sorry. (Done  - thanx Bluegray!)). Ek het 'n kleintjie dood aan die gewaande verband tussen gelowigheid en 'n sogenaamde "goeie" lewe. Asof die een enigsins iets met die ander te doen het. Maar dat hulle saam verpak en bemark word as 'n hamper tot redding is baie duidelik. Impliseer jou opmerking ook straks dat 'n gewete moontlik 'n voorvereiste vir gelowigheid is?

Quote
Hier is 'n interessante artikel
Dankie ...  boeiend en skokkend!

Rigil
« Last Edit: June 18, 2012, 07:42:39 AM by Rigil Kent » Logged
Mefiante
Defollyant Iconoclast
Hero Member
*****

Skeptical ability: +61/-9
Offline Offline

Posts: 3752


In solidarity with rwenzori: Κοπρος φανεται


WWW
« Reply #3 on: June 17, 2012, 10:36:31 AM »

Meegevoel is die vermoë om jouself in ’n ander organisme, veral dié van jou eie soort, se situasie in te verbeel.  Gewete is die vrees en/of onsekerheid wat jy voel omdat jy nie presiese kennis het nie oor hoe die situasie sal ontvou, veral in terme van sy onmiddelike en verdere gevolge vir jou en/of die vir wie jy omgee.  Gewete en meegevoel is gekoppel aan mekaar maar is nie dieselfde nie.  Meegevoel eis ’n minimum van verbeeldingskrag en gewete verg ’n minimum van rasionele oorweging van jou aksies se toekomstige uitwerkings.

Dit sal my min verbaas as psigopate oor die algeheel ’n verminderde sin van selfbewaring en ’n verhoogde sin van eiebelang aanteken.  Al lees dít só, is dié nie ’n teenstrydigheid nie want jou eiebelang kan jou selfbewaringsin troef veral as jy nie te veel gepla is oor gevolge nie.

Ek vermoed dat gewete en meegevoel hoofsaaklik ’n ewolusionêre oorsaak het:  ’n groep waarin ’n voldoende getal individuë vir mekaar omsien is meer samehangend, wat dan elke individu bevoordeel omdat minder moeite nodig is vir selfbewaring.  Baie verskillende spesies in die natuur tree op in troppe of groepe vir juis dié rede.

Op die vraag of mens normaal deur die lewe kan gaan sonder ’n gewete sou ek sê ja, maar nie as ’n algemene reël nie.  Wat wél nodig is is dat genoeg ander mense meegevoel en gewete toon wat jou gebrek daaraan sal gelyk maak.  Dit is baie soos “herd immunity.”  Kyk net na kapitalisme waar die mederheid van suksesvolle sakemense eintlik dikwels heeltemaal gewetenloos optree, en sonder enige regulasie sou hulle seker nog meer gewetenloos wees.

'Luthon64
Logged
BoogieMonster
NP complete
Hero Member
*****

Skeptical ability: +19/-1
Offline Offline

Posts: 3087



« Reply #4 on: June 17, 2012, 20:17:45 PM »

Quote from: Rigil Kent
Ek het 'n kleintjie dood aan die gewaande verband tussen gelowigheid en 'n sogenaamde "goeie" lewe. Asof die een enigsins iets met die ander te doen het. Maar dat hulle saam verpak en bemark word as 'n hamper tot redding is baie duidelik. Impliseer jou opmerking ook straks dat 'n gewete moontlik 'n voorvereiste vir gelowigheid is?

In my opinie, is dit glad nie. Inderwaarheid dien baie mense se gewete as teenvoeter vir dit wat hulle geloof eintlik vereis. Dinge soos om hulle kinders te stenig vir straksheid, of werk op die sabbat, ens. Sover ek kan sien sou baie mense hierdie bevele uitgevoer het as hulle nie al reeds 'n ingeboude sin van moraliteit gehad het voor hulle indoktrinasie nie.

Logged
Faerie
Hero Member
*****

Skeptical ability: +10/-2
Offline Offline

Posts: 2112



« Reply #5 on: June 18, 2012, 07:15:20 AM »

Die verskil tussen 'n skuldgevoel en gewete is vir my die tydperk wat die gevoel jou bybly.  Mens sou tipies vir so dag of wat half skuldig voel dat jy stilgebly het oor die R100 kleingeld wat jy ontvang het terwyl jy weet jy moes eintlik net R80 ontvang het. Aan die ander kant, sal jy jare lank terugdink aan iets wat jy iemand anders aangedoen het wat 'n negatiewe impak op daardie persoon gehad het. 'n Gewete het meer te doen met die persepsie van die groote van jou "sonde".

Ek dink ons het almal 'n genetiese predisposisie vir 'n "gewete", ons is sosiale diere en meeste mense wil inpas  in hulle gegewe omgewings/sosiale omstandighede.  Dit is een van die redes dat "peer pressure" so 'n groot rol by tieners speel. Daar is wel, in my opinie, 'n groot aandeel wat aan die manier van grootword gekoppel word.  As jou pa jou van kindsbeen af geleer het dat dit heeltemal aanvaarbaar is om geld uit die kerk se kollektebordie te gaps, dan gaan jy heel waarskynlik geen skuldgevoelens ondervind om dit as grootmens ook te wil doen nie.  Aan die ander hand, het ek al baie mense teegekom wat bevange raak net om "nee" te se vir 'n ander en hulself so fyn te smeer dat hulle later geen energie oor het vir hulself nie, maar tog so skuldig voel om nie hulself en hul tyd aan ander af te staan nie.

Ek glo nie dat dit enige afkoms het van geloof nie, dis deel van ons oorlewings strategie wat deur opvoeding in jou sosiale omstandighede verfyn word. Dus 'n kombinasie van "nature AND nurture"
Logged
Pages: [1]   Go Up
  Print  


 
Jump to:  

Powered by SMF 1.1.11 | SMF © 2006-2009, Simple Machines LLC
Page created in 0.727 seconds with 24 sceptic queries.
Google visited last this page June 01, 2019, 04:39:31 AM
Privacy Policy