Wat ons weet en wat ons glo

<< < (3/4) > >>

BoogieMonster (April 04, 2013, 10:59:59 AM):
... as om te glo dat jy Napoleon se perd is.

Ek gaan daai ene spaar in my spank bank! :D

Quote
Selfs al ignoreer ons die logiese flater van sy persoonlike ongeloof, blyk dit dat Scholtz hom hier beroep op presies dit wat hy vroeër oënskynlik gesê het nie moontlik is nie: die sensoriese bewyse vir die bestaan van god.

Well spotted! Ek gaan daai ene ook in die geheue stoor, ek's seker mens kan sommer baie gelowiges so uitvang, dis een van hulle gunsteling argumente!
brianvds (April 04, 2013, 13:41:54 PM):
Quote
Heelwat van bogenoemde kan opgelos word nie deur religie aan te val nie, maar bloot aan te dring op skeiding tussen kerk en staat.
Word dit so uitgespel in ons wetgewing hier in SA?

Nee, helaas, dit is een swakheid van ons grondwet: kerk en staat is nie eksplisiet geskei nie.

Brian (April 04, 2013, 15:26:06 PM):
Vriend van my in London was laas week met Paasfees woedend: Sy dogterjie van 3 jr gaan kleuterskool toe en moes toe hoor van die man wat vir haar sondes op die kruis gesterf het...blykbaar met 'n taamlike grafiese uitstalling...sy het histeries by die huis aangekom. Hy's n ateis en gaan die man goed op sy bliksem gee! My moer! Sy weet nie eers wat is "sonde" nie wat te se nog dat 'n man daarvoor dood is...alles haar skuld! FOK!
Rigil Kent (April 04, 2013, 17:23:14 PM):
Vriend van my in London was laas week met Paasfees woedend ... man wat vir haar sondes op die kruis gesterf het
Steek my ook dwars in die krop as mens die ware betekenis van Paasfees so gruwelik misken. Ons laaitie het van sesuur die oggend tot kort-voor-kots in die middag tjoklit eiers in die tuin gejag. Hopelik assosieer hy eendag paasfees met gastriese ongesteldheid. >:D

Rigil
brianvds (April 04, 2013, 17:34:25 PM):
Sê vir die arme kind sy kan ontspan - dit is toe nie 'n mens wat vir al haar sondes geboet het nie...

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

[*] Previous page

Skeptic Forum Board Index

Non-mobile version of page