Wat ons weet en wat ons glo

<< < (4/4)

Rigil Kent (April 04, 2013, 18:21:57 PM):
Sê vir die arme kind sy kan ontspan - dit is toe nie 'n mens wat vir al haar sondes geboet het nie...


Ja-nee ... wat's nou onskuldiger as 'n hasie!

brianvds (April 04, 2013, 19:33:07 PM):
Rigil, jou stoute kabouter. Gelukkig het Hy darem reeds die prys vir jou sondes betaal. Jy moet net glo.


(\ /)
( . .)
c(")(")
Brian (April 05, 2013, 07:17:43 AM):
Sies man: vir 'n driejarige kind is die beeld veel erger! arme bunny!
Hermes (April 06, 2013, 16:03:14 PM):
Scholtz se artikel "Wat ons weet en wat ons glo" in Beeld het ook in Die Burger verskyn onder die titel "Is jy beslis dood as jy dood is?"

George Claassen het daarop gereageer.

Uittreksel:

Leopold Scholtz se rubriek “Is jy beslis dood as jy dood is?” ( DB, 22.03) het my laat wonder: Vertrou hy as historikus ook soveel op onbewese en onsienlike dinge om by die waarheid uit te kom wanneer hy historiese feite navors?

As historikus behoort hy tog te weet jy kan die geskiedenis net korrek interpreteer en akkuraat daaroor verslag doen as jy bewyse het vir jou “feite”-stellings. Waarom probeer hy dan so hard om dié belangrike beginsels in geskiedskrywing te ignoreer in sy interpretasie van wat ná die dood op elkeen van ons wag?


Mefiante (April 06, 2013, 16:35:15 PM):
Probeer hierdie skakel.

Dit was heel voorspelbaar dat Claassen se brief deur gelowiges verdoem sal word omrede hy nou na hulle smaak nie naais genoeg teenoor Scholtz is nie. Ai toggie.

'Luthon64

Navigation

[0] Message Index

[*] Previous page

Skeptic Forum Board Index

Non-mobile version of page