Wens 'n vraatjie weg

<< < (5/7) > >>

Hermes (December 09, 2010, 11:18:23 AM):
Klink na 'n plan. Waar kry ons 200 vrattedraers. Iemand se padda gaan moet besig raak.

Ek stel voor dat ons die SITPs met volmaan hou, dan kan die helfte van die skeptici met vratjies buite die kroeg staan en dit maan toe blaas. Met die volgende SITP kan ons dan die resultate met die kontrolegroep vergelyk. Skeptici wat so wetenskaplik vratjies maan toe blaas mag ander besoekers by die kroeg beïndruk en aanmoedig om by die forum aan te sluit.
Mefiante (December 09, 2010, 11:18:29 AM):
Hermes, ek sê nie dit is noodwendig hardkoppigheid direk rond om hulle onlogiese stellings as sulks nie, maar hoe sal jy aspriste en gekose onkunde beskryf waar mense bewus uit hulle pad uit gaan om die leer van iets nuuts te weerstaan? Waar mense omtrent enige nuwe kennis wat nie in hul siening pas nie (of wat hulle te onnosel is om te verstaan) as ’n bedreiging opvat en waar hulle genoegsame rede en bewyse aktief verwerp? Waar hulle gereeld geregtig voel om hul heel en al oningeligde opinie as ystergekleë feit te verkondig?

Dit klink vir my baie na hardkoppigheid, al is dit van ’n ander soort.

'Luthon64
Brian (December 09, 2010, 11:25:30 AM):
Mefiante hoe klink dit my jy's 'ongelowig' >:D oor die wetenskaplike proses? Natuurlik moet mens die toets reg struktureer, statisties aanvaarbaar, ens ens wees. Of dit die moeite werd is, is natuurlik 'n ander vraag en almiskie is my konklusie dat die mite die nek ingeslaaan mag word, prematuur/naif. Hardkoppigheid is part en parcel van die woo woo environment, maar dit moet ons nie afsit nie (as dit die moeite werd is)
Natuurlik as die maanblaas groep beter vaar, dan het ons 'n interessante bevinding, placebo effek et al, maar indien nie, is ons 'one small step closer'.
Hermes (December 09, 2010, 11:37:09 AM):
Hermes, ek sê nie dit is noodwendig hardkoppigheid direk rond om hulle onlogiese stellings as sulks nie, maar hoe sal jy aspriste en gekose onkunde beskryf waar mense bewus uit hulle pad uit gaan om die leer van iets nuuts te weerstaan? Waar mense omtrent enige nuwe kennis wat nie in hul siening pas nie (of wat hulle te onnosel is om te verstaan) as ’n bedreiging opvat en waar hulle genoegsame rede en bewyse aktief verwerp? Waar hulle gereeld geregtig voel om hul heel en al oningeligde opinie as ystergekleë feit te verkondig?

Dit klink vir my baie na hardkoppigheid, al is dit van ’n ander soort.

'Luthon64
Sekerlik is daar hardkoppigheid. Wat ek probeer tuisbring is dat empiriese toetsing vir baie mense niksseggend is omdat hulle nie syfers - veral statistiek - begryp nie.
Mefiante (December 09, 2010, 12:02:00 PM):
Mefiante hoe klink dit my jy's 'ongelowig' >:D oor die wetenskaplike proses?
As jy dit inlees in wat ek geskryf het dan het jy my bedoeling heeltemaal gemis. Ek raai aan dat jy weer aandagtig lees.



Wat ek probeer tuisbring is dat empiriese toetsing vir baie mense niksseggend is omdat hulle nie syfers - veral statistiek - begryp nie.
Ek verstaan jou punt, maar myne is dat die hardkoppigheid al klaar begin waar sulke mense weier om hulself voldoenend in te lig sodat hulle statistiek en syfers wel kan bemeester – of tewel toe te gee dat hulle onbevoegd is om bedoelende menings oor die saak te lig.

'Luthon64

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

[*] Previous page

Skeptic Forum Board Index

Non-mobile version of page