Wens 'n vraatjie weg

<< < (6/7) > >>

Faerie (December 09, 2010, 12:10:29 PM):


Popcorn anyone? :D
Brian (December 09, 2010, 13:19:11 PM):
Mefiante hoe klink dit my jy's 'ongelowig' >:D oor die wetenskaplike proses?
As jy dit inlees in wat ek geskryf het dan het jy my bedoeling heeltemaal gemis. Ek raai aan dat jy weer aandagtig lees.
Dit was tongue-in-cheek ;)
Hermes (December 09, 2010, 13:30:36 PM):
Ek verstaan jou punt, maar myne is dat die hardkoppigheid al klaar begin waar sulke mense weier om hulself voldoenend in te lig sodat hulle statistiek en syfers wel kan bemeester – of tewel toe te gee dat hulle onbevoegd is om bedoelende menings oor die saak te lig.

'Luthon64
Punt aanvaar.

Die probleem wat ek het met mense wat nie 'n empiriese benadering waardeer nie, is dat hulle oortuig is daarvan dat anekdotiese getuienis betroubaar is. Argumente soos "maar sê nou dit werk net vir party mense/bloedgroepe" is vir my 'n aanduiding dat mense nie verstaan nie dat die gemiddeld beïnvloed sal word, selfs al is 'n kuur net doeltreffend vir 'n (beduidende) gedeelte van die steekproef.
charldk (December 10, 2010, 09:29:03 AM):
Persoonlik dink ek nie dis nie dat mense nie statistieke verstaan nie.
Almal sien dit uit hulle eie oogpunt uit en uit jou oogpunt is jy wel 'spesiaal'.
So as dit vir een ander ou gewerk het sal jy altyd dink dit kan vir jou werk want jy is dan 'spesiaal'.
Hulle sal bygelowe aanhou try, want sê nou maar net...
Hermione (December 15, 2010, 13:35:05 PM):
Hier is nog 'n datapoint(?) vir julle studie. Ek het omtrent agt jaar gelede opgelet dat ek 'n vratjie onder my voet het. Ek het niks aan hom gedoen nie, en glad nie daaroor gedink nie, behalwe om hom so nou en dan in die bad raak te sien. En nou die dag kom ek skielik agter hy't spoorloos verdwyn!

>:D

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

[*] Previous page

Skeptic Forum Board Index

Non-mobile version of page