Wens 'n vraatjie weg

(1/7) > >>

Watookal (December 07, 2010, 14:33:19 PM):
Dis bietjie stil hier, en ek's lus om die hok te skud; so kom ek vertel julle 'n storie. Toe ek klein was, omtrent so tussen 6 en 9, het ek 'n vraatjie gehad op my hand. My pa en ek het een aand in die veld ingestap oorkant die huis na aandete. Ons het daai aand skaap vleis geëet. Ek het'n rympie opgese (wat ek nie kan onthou nie), ‘n skaap beentjie oor my skouer gegooi, en die vraatjie maan toe geblaas. Die vraatjie het obviously weggegaan, anders was hierdie maar ‘n dom storie.

Meer as 6 jaar terug het ek weer ‘n vraatjie gekry op my enkel. Ek het hom daar gelos, want ek’s nou bietjie groter en ek weet die goed gaan vanself weg. Na 6 jaar het ek besluit hy gaan nie self weggaan nie, en ek het een aand in die bad gesit en vir myself gesê, “Self, hierdie vraatjie is nie welkom nie en jy moet hom verwerp” ‘n Paar weke later was die vraatjie weg. Ek’s nie seker hoe lank later nie, want ek het nie opgelet nie, net eedag gesien hy’s weg. As ek moet raai was dit so tussen 1 en 2 maande. Ek het niks medisyne gedrink or salwe of smere of goed probeer om hom weg te vat nie. Net een keer hom weg"gewens" en vergeet daarvan.

Ek weet dis nie wetenskaplik nie, maar aangesien dit so ‘n algemene ouvrou storie is het ek gewonder of enige iemand anders ook al hiervan gehoor het of heaven behold al ooit so iets beleef het. Voel asb vry om my af te skiet, uit te lag, ens. Hierdie is nie ‘n grappie nie, dis ‘n ware verhaal van ‘n epidermiese proporsie.
Faerie (December 07, 2010, 14:41:06 PM):
Dis moontlik, hoe dit werk weet ek nie. Ek het ook so 'n verhaal, ek het so paar jaar terug (eintlik 'n vrek lang tyd terug), 'n nuwe high-flying werk gekry, op dag een staan ek op met 'n koors wat die water van my afspoel en nie 'n spier of klier in my lyf wat nie pyn nie. Die middag is ek dokter toe, die man doen bloedtoetse en ek sleep my lyf huis toe en sak neer in die bed - ek was nog nooit voor or na dit ooit so siek nie - in elk geval, volgende oggend skakel die dok my - dis klierkoors, hiers vir jou pyn pille, gaan suffer maar dit uit vir die volgende twee weke of wat. Ek sit die aand op my bed, en vertel my lyf, "Lyf, hierdie werk is belangrik, ek het die geld broodnodig, more oggend is jy reg".

Ek was perdfris die volgende oggend.

Go figure. Dis 'n kop-ding.
Hermes (December 07, 2010, 15:07:34 PM):
Ek het'n rympie opgese (wat ek nie kan onthou nie), ‘n skaap beentjie oor my skouer gegooi, en die vraatjie maan toe geblaas.
As 'n mens deur 'n verkyker of teleskoop na die maan kyk, kan jy sien dit is vol vratjies.
Brian (December 07, 2010, 16:04:22 PM):
ek't dieselfde ervaring gehad...met 'n moewiese doringvrat op my duim, seker so tien jaar lank pla die donnerse ding my...blaas hom moertoe na 'n vol maan...woeps waps 'n paar weke later is hy weg... nou wat de fok?
BoogieMonster (December 07, 2010, 17:10:09 PM):
The skeptic in me says ya'll are scratching them off in your sleep. ;D

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Skeptic Forum Board Index

Non-mobile version of page