Wittes Woeker - Rapport hoof artikel

(1/3) > >>

Rigil Kent (November 04, 2012, 11:20:34 AM):
http://www.rapport.co.za/Suid-Afrika/Nuus/Wittes-woeker-20121103

Nog 'n verassende uitkoms van die sesus is dat wit mans, ten spyte daarvan dat hulle reeds agtien jaar lank gebuk gaan onder belemmerende regstellende aksie, steeds die laagste werkloosheidssyfers in die land toon. Die redes wat daarvoor aangevoer word is nogal interessant ... onder meer dat Afrikaanse skole se standaard in Wiskunde en Wetenskap baie goed bly, selfs in vergelyking met die VSA en Nieu-Seeland!

Rigil
Faerie (November 04, 2012, 19:53:14 PM):
Ek vind dit eintlik verrassend, die kalibre van die jong wit kinders wat ek elke einde van die jaar mee onderhoude voer is maar swak. Die oorgrote meerderheid het 'n selfeiende houding en dink die lewe skuld hul iets. Ek is soms traag om van hulle in diens te neem ten spyte van die feit dat ek nie die kwota gevul het nie. My gevoel oor meeste van hulle is gewoonlik ook korrek en die wat ek inneem om die nommers mee op te vul val gewoonlik van die trok af drie maande later. Bygese, hierdie is 18/19 jariges vars uit matriek uit, hulle het nog baie grootword om te doen. Ek sien dieselfde met die swart dogters maar eienaardig genoeg byna glad nie by die swart seuns nie.
Rigil Kent (November 05, 2012, 00:06:48 AM):
So ... wie is almal skepties oor hierdie data?

Dit lyk of heelparty van diegene wat kommentaar lewer nie eers getel was nie ... ek dink ons huis was ook gemis.

R.
Tweefo (November 05, 2012, 07:42:58 AM):
So ... wie is almal skepties oor hierdie data?

Dit lyk of heelparty van diegene wat kommentaar lewer nie eers getel was nie ... ek dink ons huis was ook gemis.

R.
Ek glo nie ons was getel nie. Hulle het die vorms afgelewer maar dit nooit kom haal nie, as ek reg onthou.
Rigil Kent (November 05, 2012, 07:47:03 AM):
Is dit waar dat die vorms in potlood ingevul moes word? Eweneens, die sensusprosedure het darm ietwat verbeter van die dae toe hulle van jou verwag het dat jy met jou goddelik beswangerde vrou op 'n donkie in 'n stal moes gaan inboek vir die nag. ;)

Rigil

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Skeptic Forum Board Index

Non-mobile version of page