Ysverskynsel

<< < (4/5) > >>

BoogieMonster (July 16, 2012, 09:16:15 AM):
nee man dis die liewe jesus wat die paadjies vir sy mensies skoonhou...bewys my verkeerd!


Hah! Occam se lem dui duidelik aan dat dit eintlik 'n Yeti is wat dit doen, vat so!
Johannsny (July 16, 2012, 17:24:27 PM):
Hi julle,

Ek was laasjaar in die winter ook in daai wereld, en ons het dieselfde ding gehad een aand. Ek was van mening dit is n tipe ys reen, waar die vog/water/druppeltjies in die lug vries. Sneeu is mos anders, dit maak ligter vlokkies, en ryp vorm op die grond.

Hier is n effe nader foto wat ek gevat het. Jammer ek het nie gedink om n goeie makro foto te neem nie.

http://www.flickr.com/photos/hyper7/5891243183/#
Rigil Kent (July 16, 2012, 20:02:31 PM):
Johann, dit lyk vir my na 'n soortgelyke ding, ja. Hier is van die goed op die kar se windskerm. Dit gee 'n bietjie beter idee van die tekstuur. Vir wat dit werd is, ek't sederdien met die "locals" gesels, en hulle verseker my dat dit wel 'n ligte sneeuval was. :) So wat die skoon paadjies betref, die sneeu moes eenvoudig op daardie areas gesmelt het, kort nĂ¡ die feit.

brianvds (July 17, 2012, 04:24:36 AM):
In Europa strooi hulle in die winter sout op die paaie om die sneeu te laat smelt; dalk het iemand hier dieselfde gedoen?
Rigil Kent (July 17, 2012, 08:08:41 AM):
brianvds, ek het gou 'n paar spot checks gaan doen tot Mev Kent se ontsteltenis. Die paadjies proe wel vars.

Rigil

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

[*] Previous page

Skeptic Forum Board Index

Non-mobile version of page