Taking God out of school - first episode....

<< < (7/14) > >>

BoogieMonster (September 09, 2014, 13:33:40 PM):
Hulle sou ook goed doen om te onthou dat daar slegs kapsie gemaak word teen publieke skole wat 'n sekere godsdiens afdwing.

Geen klag is gemaak teen 'n private instelling nie. Die feit van die saak is hierdie skole is nie beskore vir net hulle gebruik nie. Daar is talle christelike privaat skole wat, as hulle nou verkeerdelik sou voel hulle "mag" nie bid of christene wees sonder explisiete permissie van 'n skoolhoof nie, natuurlik en grondwetlik enige christelike "belewenisse" mag uitvoer wat hulle wil.

En weet jy wat, daai selfde privaat skole bevat ook talle ateïste wat dit gaan afsluk sonder veel van 'n probleem. Ek ken self sulke mense wat maar net die hele ding geïgnoreer het. Die punt is, dit is hulle keuse en niemand anders sin nie, en my belasting geld betaal nie daarvoor nie.

As jy nou rérig wou aspris wees kon ons altyd aandring dat kerke 'n spesiale belasting moet betaal wat gaan aan 'n spesiale fonds om tempels/kerke/ens vir ander "minder bevoorregte" gelowe te bou. Dan sal jy sien hoe die snot spat.

Maar nee, dis net OK as christene dit met my geld doen, nie anders om nie.
The Vulcan (September 09, 2014, 14:05:20 PM):
Ja, maar ongelukkig geniet christene soveel VOORREGTE, dat hulle dit as REGTE beskou, dit maak my boos kwaad dat hulle hulle so snot pikkerig is om sulke bisarre gelykenisse te maak en nog die vermetelheid het om in soveel woorde te se dat ongelowiges geen waardes het nie of in niks glo nie.

As nie-christene, moet ongelowiges, Jode, Muslims, Buddhiste ensomeer, soos jy se, Boogie, hierdie praktyke en onregverdige voortrekkery in christene se guns maar net stilletjies verdra en jou mond hou - as jy by party groepe net durf se jy is 'n ateis dat word jy summier uitgestoot, Afriforum maak dit dan ook juis duidelik:
Quote
Hoekom voel mense, wat aan geen geloof behoort nie, altyd so geïntimideer deur ander gelowe? Dit was mos jou keuse om nie in iets te glo nie? Nie deel te wees nie, nie te behoort nie.

Die stelling dat leerders nie verplig is om deel ten neem aan christen praktyke nie is ook heeltemal onakkuraat - miskien tegnies volgens die wet wel, maar as dit by implementering kom kan jy nie die maandagoggend kerksessie in die saal mis nie, dit word verplig en wanneer leerders by afsluitingstyd kom en daar word gevra wie gaan bid mag jy net opstaan en loop nie, die enigste manier om hierdie spesiale regte aan leerders te voorsien is na ouers van bv. muslim kinders eers met die hoof moet gaan praat dat hulle bloedjies nou spesiale gunsies moet kry om nie daaraan blootgestel te word nie, as ongelowige kinders word dit dikwels net verdra.

Man ek BID vir die dag dat kerke belas word, hulle is immers ook net besighede.
brianvds (September 09, 2014, 15:00:19 PM):
AfriForum onderneem om enige iemand wat 'n teensand wil maak teen OGOD te ondersteun en self die geld daarvoor op te dok
-https://www.afriforum.co.za/land-skool-god/

Lyk my daai battle lines waarvan julle gepraat het is definitief in die sand getrek

Afriforum het to dusver soms heel goeie werk verrig. Helaas, daar het hulle my nou verloor. Die punt hier is dat in spesifieke skole, godsdiens in die leerlinge se kele afgeforseer is. Dit is beslis NIE wat die grondwet voorsiening voor maak nie.

In ieder geval, ek het nie veel hoop dat die hofsaak gaan slaag nie, juis omdat die grondwet voorsiening maak vir godsdiensbeoefening in skole. Mens kan hierdie spesifieke skole verbied om met hulle praktyke te volhard, maar dit sal moeilik gaan om godsdiens heeltemal uit skole uit te kry.

Nou ja, dalk maar mens se kinders nie in die eerste plek in staatskole plaas nie. Ek sou dink daar is nogal 'n mark vir 'n paar uitdruklik sekulêre skole...
BoogieMonster (September 09, 2014, 15:12:22 PM):
Ek sou dink daar is nogal 'n mark vir 'n paar uitdruklik sekulêre skole...

Dit maak sin (en sover ek onthou het Faerie gesê haar kinders is juis in so 'n skool) in stedelike gebiede, maar op die platteland gaan jy sukkel om die onkoste vir 'n baie klein getal kinders te regverdig. Dis juis hoekom staatskole die platteland bedien! Dus is dit ook nie vir my aanvaarbaar dat ongelowiges maar "'n ander skool moet gaan soek" nie. Die staatskool op 'n klein dorp is heel moontlik die enigste skool.
The Vulcan (September 09, 2014, 15:25:22 PM):
Ek stem daarmee ooreen, alles gaan oor wat sy klagtes alles behels, ek reken dit mag suksevol wees as die regte benadering gebruik workd - blykbaar het hy soortgelyke dinge in 2011 probeer, kom ons hoop hy het al iets geleer oor die regte strategie, Die grondwet maak wel voorsiening vir godsdiensbeoefening, maar dit beskerm nie diskriminasie, intimidasie en die afdwing van spesifieke opinies nie - en geloof is maar net 'n opinie.

Meantime gebruik kunstunaars dit as gratis advertensie geleenthede:

Artikel:Skole vir Jesus skop af by Oos-Rand Akademie
MET die dreigende hofsaak oor die beoefening van Godsdiens in openbare skole het die sanger, Rudi Muller, sy projek, Skole vir Jesus, Maandag met ‘n besoek aan Oos-Rand Akademie afgeskop. Lees meer (Kempton Express)

Dis net pure kapitalisme vir jou, dalk is hy regtig gekant teen die storie in 'n jesus-freak episode, maar ek wed hy kla nie oor die publisiteit nie!

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

[*] Previous page

Skeptic Forum Board Index

Non-mobile version of page