kom ons moan oor die atheists.....

<< < (13/16) > >>

Lilli (September 29, 2010, 08:36:47 AM):
Ek het hierdie post gelees en baie geniet, en die antwoord deur Robert op julle stellings, wat julle duidelik nie van geweet het nie hier gepost om te sien wat julle daarvan dink.
Hades, dankie vir die post, ek was nie bewus daarvan dat ons so aangevat word deur die dude nie, en ek waardeer die geleentheid om the reageer.
Die eerste sin wat op my persoonlik gemik is waarop ek kommentaar sal lewer is dit:
Quote
Lilli, jy klink ‘n bietjie meer redelik, tog is jy nie want jy het geen bedenkinge om op te staan en te se “Ek is ‘n ateis” nie. Daar is geen verskil tussen ‘n man wat se hy glo in die een ware God en dat alle ander gelowe verkeerd is, en wat jy doen nie. Jy beweer ook dat jou standpunt reg is en al die ander verkeerd. Jy en ‘n christen ekstremis is kante van dieselfde muntstuk.
Ek haat nog altyd die labels. Noem my maar wat jy wil - ateïs, agnostic, pandabeer, ek gee nie om nie. Die feit van die saak is, as iemand my sou vra: "glo jy dat een of ander supernatural, supercool being (noem hom maar god) die aarde en al ons mense gemaak het en dat hy gekruisig is en opgestaan het en dat hy jou sondes sal vergewe en laat hemel toe gaan wanneer jy doodgaan of hel toe stuur wanneer jy doodgaan?" dan is my dood eenvoudige antwoord: "nee" Die moontlikheid dat ek verkeerd is bestaan (hoe unlikely dit ookal mag wees) Ek beweer inderdaad dat my standpunt reg is, dis my opinie en my reg om van daardie opinie te wees en dit uit te spreek. My opinie is gevorm en gebasseer op kennis wat huidiglik tot my beskikking is, maar ek gaan nooit vir 'n gelowige sê hy is 'n idiot omdat hy glo nie. Ek gaan wel as die geleentheid homself voordoen die konsep van geloof en religieuse instansies bespreek, en bevraagteken. Hoe presies maak dit my 'n 'ekstremis' ?
Aangaande die res van die post - ek is nie, en was nog nooit 'n eerstejaar filosofie student nie. En ek waardeer hierdie ou se aanname dat hy soveel slimmer as die res van ons is GLADNIE. Maar as dit hom laat beter voel oor homself - what's the harm? Ek bly eerder stil as om verdere gate in sy alreeds gebreekte-net-wat-probeer-water-hou argument te maak. Ek voel gelukkig geen onverklaarbare drang om myself, my gebrek aan geloofsoortuiging, my opinies of my selfbeeld te bewys of teen hierdie maat te verdedig nie.
Amen
GCG (September 29, 2010, 09:01:40 AM):
nee man, askies dat ek vir hades uitkak, en direct die poesklap in die direction van wors en tril en hulle boudstamper maatjie

Nou, watter naam mag ek gebruik? Watter naam sal jou gelukig maak. Of moet ek net hoofletters gebruik soos jy? Jy se Hades is n "tos username" maar dan se jy ek insult die naam van Hades. Hoe kan jy n toss naam insult?

jirre dude, chill die fok uit, ons het mos nou ge-establish dat dit my bad was, en die hele situasie 'n misverstand was, so as jy van intelligensie wil praat, gebruik joune en sien dat jou twee posts van robert, moerse confusing was. en ek het mos nou gese direct die insult in sy rigting. so vat 'n pill, en moenie so kleinserig wees nie.
cyghost (September 29, 2010, 09:43:54 AM):
Hades, die nick is perfek. Die laaste ding waaroor ons bekommerd gaan wees. :D
Kosie van Jozi (September 29, 2010, 11:27:47 AM):
lol Hades, ek sien ons nuwe ouens word maar kakkerig aanvaar op die forum :D

Nou weet ek dis nie net ek nie ;)
Kosie van Jozi (September 29, 2010, 11:33:50 AM):
Net vir almal se inligting, hierdie is deel van hoe ek my afleidings maak op die saak:

http://www.snaaksgenoeg.co.za/die-kerk-moet-jammer-se-vir-gay-musiek-onderwyser/
http://www.snaaksgenoeg.co.za/maak-grootte-saak-nie-vir-god-nie/
http://www.snaaksgenoeg.co.za/maak-die-comrades-die-here-kwaad/
http://www.snaaksgenoeg.co.za/afrikaans-rassis/

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

[*] Previous page

Skeptic Forum Board Index

Non-mobile version of page