Nee vir moffies [split]

<< < (13/17) > >>

Mefiante (October 12, 2010, 11:06:18 AM):
Maar is geloof nie 'n all or nothing ding nie? Of jy glo wat die 'woord van god' sê of jy doen nie. Die bybel (ou en nuwe testament) is tog die maatstaf waarvolgens xtians moet leef.
’n Mens sou dìt redelik kon verwag het, ja. Op die huidige stadium is daar naastenby 39,000 verkillende opvattings net van die Christelike geloof alleen in die wêreld om nie eers oor al die ander gelowe te praat nie. Dit dui aan dat Christene nie ’n homogene groep is nie; eintlik meer as dit: hulle kan nie eers onder mekaar ooreenstem oor wat hulle nou eintlik glo nie en omtrent elkeen voel geregtig om al die ander van dwaalleer te beskuldig. Dis hoekom geloof en teologie só ’n lekker ou grappie is.



Hoe kan jy besluit dat jy herdie gedeelte volg en nie daai gedeelte nie. xtians glo tog vas dat god self die bybel geskryf het en nie mense nie, so is dit tog nie uit die staanspoor uit verkeerd om te sê dat net die nuwe testament reg is en die ou testament verkeerd nie.
Uit hulle aard uit is teoloë baie begaafd wanneer dit kom by stories opmaak hoe om hulle standpunt te rasionaliseer, gewoonweg op ’n manier wat gewone mense net nog deurmekaar maak. Die ingewikkelde en skaars ontsyferbare fabels wat daai experts gereeld (en aspris!) opkots is in meeste gevalle genoeg om gewone mense te verwar tot op die punt waar hulle dit aanvaar omdat dit skynbaar hulle koppe tebowe gaan. Die gewone kerkbankers vat meesal maar net dit as feitlik wat hulle by hul ouers en dominees geleer het want hulle is of te lui, te sotlik of te geïndoktrineer om die stellings ernstig en/of konsekwent te bevraagteken.



Ek weet geloof moet aanpas (of evolve as jy wil) om mededingend te bly, maar ek verstaan nie dat mense nog steeds sê dat morele waardes van god af kom nie.
Omdat hulle die ontologiese probleem wat hulle oopvleg wanneer hulle “god” as “oplossing” vir die oersprong van moraliteit aanbied, geensins verstaan nie. “God” is ’n gerieflike maar betekenislose wegsteekplek vir mense se onkunde. Dit is min in gelowiges se vermoëns om hulle onkunde oor sekere dinge te erken. Ons het dikwels al voorbeelde daarvan op hierdie forum gesien.

'Luthon64
Brian (October 12, 2010, 11:17:33 AM):
ek glo homoseksualiteit is natuurlik al dan nie *normaal nie, maar daai prentjies laat my gril :D Moet die Afrikaans in my wees!

*moenie my nie verkeer verstaan nie - al wat ek bedoel is dit is nie die norm nie, negatiewe konnotasie is die leser se eie.

heheh: die grille wat jy kry...is dit van lekker of wat?!
cyghost (October 12, 2010, 11:50:04 AM):
nee, dis so rilling by my ruggraad af en my kieue wat styf trek - geheel en al onwillekeurig. Jare se indoktrinasie of deel van my gene is ek onseker oor.
GCG (October 12, 2010, 14:33:58 PM):
dudes sukkel maar met homo imagery. maar ook net as dit dudes is. as dit bokkies is....


ek dink dat alle liefde mooi is. girls of dudes. twee mooi mans of twee mooi girls.... niks fout nie.
cyghost (October 12, 2010, 14:37:08 PM):
;D :D ;)

geen probleem met daai een nie - wel behalwe so roering, maar defintief nie 'n gril nie...


wie sou kon raai dat ek lesbies is?

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

[*] Previous page

Skeptic Forum Board Index

Non-mobile version of page