South Africa Flag logo

South African Skeptics

October 16, 2019, 14:27:08 PM
Welcome, Guest. Please login or register.
Did you miss your activation email?

Login with username, password and session length
Go to mobile page.
News: Please read the forum rules before posting.
   
   Skeptic Forum Board Index   Help Forum Rules Search GoogleTagged Login Register Chat Blogroll  
Pages: [1]   Go Down
  Print  
Author Topic:

Nog meer eksamenvlatirs

 (Read 745 times)
0 Members and 1 Guest are viewing this topic.
Rigil Kent
Clotting Factor
Hero Member
*****

Skeptical ability: +19/-3
Offline Offline

Posts: 2460


Three men make a tiger.


« on: March 17, 2010, 22:28:49 PM »

* Salomo het driehonderd vroue en nog sewehonderd bye-vye gehad. Nie almal van hulle het gesteek nie, maar hy was gelukkig baie slim en het 'n plan uitgewerk.

* Nog 'n belangrike uitvindsel was die bloedsomloop. Dit het verhoed dat jou bloed stilstaan, wat stilstuipe veroorsaak.

* Peter Stuyfgestaan is 'n geskiedkundige figuur, want hy het sigarette uitgevind en begin rook. Hy het so baie gerook dat die niekoetien-kolle in sy onderbroek duidelik sigbaar was.

* Egipteland  was bewoon deur mummies en hulle het almal op hulle
hero-gleuwe geskryf en vir hulle pappies gewys.  Hulle het in die Sarah-woestyn  gewoon en het  waterbeurte gehad van die min reën.  Die klimaat was só erg dat al die inwoners op ander plekke gebly het, en net naweke huistoe gekom het om sandkastele te bou.

*  Moses  het  die  Hebreeuse slawe na die Rooi See gelei waar hulle ongesuurde brode gebak het, dit is brood wat sonder enige bestanddele gemaak is en baie soet is van te min suurdeeg. Moses het die berg Sianied uitgeklim om die tien gebooie te kry.

*  Demokrates  was 'n  beroemde Griekse wysheid wat rondgeloop en mense raad gegee het. Hy is dood  omdat hy verskriklik oordosis of so iets. Ná sy dood het sy loopbaan dramaties agteruitgegaan.

*  In die  ou  Olimpiese Spele het die Grieke kaal paal gespring, zol
geswaai, en disnis gegooi. Hulle was ook lief vir budgie-jump, omdat daar niks anders was om te jump nie.

* Johanna van Arkel het van 'n stapel brandwonde gesterf. Hulle het haar met 'n blaasbalk aan die brand gepomp.

*  Koningin  Elizabeth  was die "Maagdekoningin". As 'n koningin was sy 'n sukses, maar nie as 'n maagd nie. Sy het haar volk se probleme aangetrek. En was altyd mooi geklee.

*  Dit was 'n tydperk van groot  uitvindsels en ontdekkings. Gutenberg het die wynpers uitgevind. Hy het die slaweklokke gelui deur dit in die wynpers vas te draai dat die wyn spat.

* Die grootste skrywer van die Renaissance was William Shakespeare.  Hy is in die jaar 1564 gebore en die geskiedkundige mense dink dit was op sy verjaardag.  Hy het nooit geld gemaak nie, en is net beroemd oor die toneelstukke wat hy geskryf het. Hy het tragedies, komedies en historektomieë geskryf. Romeo and Juliet is een voorbeeld.

*  Abraham  Lincoln  het  Amerika  se grootste  presedent geword. Lincoln se ma is dood toe sy nog 'n maagd was en hy is gebore  in 'n houthut wat hy met sy eie hande gebou het in die franse evolusie.

*  Johann Babbelastiaan  Bach het  baie komposisies geken en het so ook baie kinders gehad. Hy is dood sedert 1750  tot vandag toe. Bach was die beroemdste komponis  in  die  wêreld, amper soos  Händel. Händel was half-Duits, half-Italiaans en half-Engels wat Hollangs gepraat het.

* Beethoven het musiek geskryf al was hy doof. Hy was só doof dat hy harde musiek geskryf het. Hy het ver in die woude gaan loop selfs al het almal na hom geroep. Beethoven het in 1827 opgehou bestaan en dis hoekom hy later dood is. Hy het rooi hare by geboorte gehad toe noem sy ma hom Beethoven. Sy hare het egter na sy eerste bad  heelwat verander.

*  Die  negentiende  eeu  was  'n tyd  van baie  uitvindsels.  Mense het opgehou om met die hand te reproduseer en met toestelle begin  reproduseer.

*  Die uitvinding van die stoomboot  het 'n netwerk van riviere laat
ontstaan, waarna die mense gevlug het as die  water te warm raak van die stoom wat afgeblaas word.

* Die Toekoek is 'n voël wat nie haar eie eiers kan lê nie.

* Parallelle lyne ontmoet mekaar  nooit nie, tensy jy een of altwee van hulle buig.

* 'n Sirkel is 'n lyn  wat sy ander end ontmoet sonder om te end. Daarom is dit moeilik om sy end  te kry, voordat jy dronk word.

*  Die maan is 'n planeet net soos die  aarde. Daar bly net een man wat baie gelukkig is. Een keer 'n jaar raak sy koeie mal en spring oor die maan.

*  Vegatiewe  voortplanting  is  'n proses  waarin een individu per
ongeluk 'n ander individu vervaardig waarop net die ouma trots is.

* Koolstofmonoksied is 'n  reuklose gas wat verskriklik stink.
Logged
cyghost
Skeptically yours
Hero Member
*****

Skeptical ability: +12/-1
Offline Offline

Posts: 1409


Carpe diem


« Reply #1 on: March 18, 2010, 08:36:26 AM »

classic  Cheesy
Logged
Tweefo
Hero Member
*****

Skeptical ability: +10/-0
Offline Offline

Posts: 1538



WWW
« Reply #2 on: March 20, 2010, 08:25:10 AM »

En ons volk se toekoms lê in die jeug?  Smiley
Logged
Pages: [1]   Go Up
  Print  


 
Jump to:  

Powered by SMF 1.1.11 | SMF © 2006-2009, Simple Machines LLC
Page created in 0.273 seconds with 23 sceptic queries.
Google visited last this page February 17, 2019, 02:48:50 AM
Privacy Policy