South Africa Flag logo

South African Skeptics

June 26, 2019, 16:11:05 PM
Welcome, Guest. Please login or register.
Did you miss your activation email?

Login with username, password and session length
Go to mobile page.
News: Please read the posting guidelines before posting.
   
   Skeptic Forum Board Index   Help Forum Rules Search GoogleTagged Login Register Chat Blogroll  
Pages: [1]   Go Down
  Print  
Author Topic:

Maan gestaltes en boerdery

 (Read 2620 times)
0 Members and 1 Guest are viewing this topic.
Tweefo
Hero Member
*****

Skeptical ability: +10/-0
Offline Offline

Posts: 1525



WWW
« on: October 16, 2015, 17:50:44 PM »

Op RSG Sterre en Planete se FB blad het 'n post gaan draai by die geloof dat die maan se gestaltes boerdery kan beinvloed. Ek is natuurlik skepties oor die storie maar my oupa het vas geglo hierin.

Quote
Like · Reply · 2 · 13 October at 22:13
Willie Koorts
Willie Koorts Die geloof om te plant en oes volgens die Maan dateer al uit die Babiloniese tyd, gefundeer op die leerstellings van die Griekse filosoof Empedocles uit die vyfde eeu voor Christus wat geglo het dat alle materie saamgestel is uit deeltjies vuur, water, lug en grond. Die twaalf astrologiese sterrebeelde van die diereriem word dan geassosieer met hierdie vier groepe naamlik; Aries, Leo en Sagittarius met vuur; Taurus, Virgo en Capricorn met grond; Gemini, Libra en Aquarius met lug; en Cancer, Scorpio en Pisces met water. Die water-sterrebeelde word dus vereenselwig met vrugbaarheid wat beteken dat dit ‘n goeie tyd is vir plant wanneer die Maan hom in hierdie konstellasies bevind. Die vuur-sterrebeelde was as bar en droog beskou en is dus die mees onvrugbare tye.

Hierdie antieke idees is meer onlangs (1956) deur Maria Thun ondersoek wie deur eksperimentering tot die gevolgtrekking gekom het dat elke plantsoort in vier kategorieë ingedeel kan word naamlik; blaar, wortel, blom en vrug (of saad). Volgens die Thun-model het elke plant-tipe verder ‘n geassosieerde element, naamlik; blare word beheer deur water, wortels deur grond, blomme deur lug en vrugte/saad deur vuur. Elke plant-tipe word dus gesaai na gelang van die ooreenstemmende element waardeur die Maan besig is om te beweeg.

Hierdie model is dus gebaseer op die Maan se 27.322 dae sideriese periode – die tyd wat dit die Maan neem om weer na dieselfde posisie relatief tot die sterre terug te keer. Die periode van die fases van die Maan (van volmaan tot weer volmaan byvoorbeeld) is egter langer, naamlik 29.531 dae – ‘n sogenaamde sinodiese maand. Hieroor bestaan daar ook ‘n klompie teorieë en die twee word dikwels verwar of ineengevleg. Alhoewel dit te verstane is dat die veranderende lig van die Maan ‘n invloed op plante kan hê, konsentreer die meeste teorieë op die uitwerking van sy swaartekrag, soos gemanifesteer in die getye. So word daar geglo dat die grondwater aangetrek word tydens die groei-fase van die Maan wat die grondvog verhoog en ontkieming aanhelp – dus ‘n goeie tyd om gewasse wat bo die grond produseer te plant. Gewasse wat onder die grond produseer, word geplant met ‘n afgaande maanfase (volmaan tot nuwemaan). Verder word geglo dat die tyd tussen nuwe- en volmaan die beste is vir saai, uitplant, ontkiem en ent. Tussen vol- en nuwemaan moet jy grond voorberei, ploeg, onkruid bestry en oes. Tussen nuwemaan en eerste kwartier moet jy bogrondse gewasse plant wat hulle saad buite dra asook eenjarige blomplante. Tussen eerste kwartier en volmaan plant jy bogrondse gewasse met “binnesade”. En tussen volmaan en laaste kwartier wortelgewasse, bolle en meerjariges.

Eksperimentering om die oorlewerings dat verskillende gewasse op verskillende tye in die maan-siklus geplant moet word te toets, was heelwaarskynlik aanvanklik begin deur Francis Bacon in 1627. Sy eksperimentele metodes en afleidings is egter onder verdenking en dikwels misleidend. Alhoewel die stigter van die biodinamiese beweging, Rudolf Steiner, (in 1924) aanvanklik net op positiewe resultate met volmaan gewys het, is die studies later uitgebrei. Moderne navorsers kon wel al ‘n verband tussen die volumes van plant-DNA in selkerne sowel as ‘n moontlike skakel tussen saadvrugbaarheid en die sinodiese maand bewys. Eksperimente het ook reeds bewys dat die metabolisme van plate, afgelei uit hulle water- en suurstofopname, wel reageer op die maan-siklus. Daar blyk wel relevansie te wees in die geloof dat dit beter is om te snoei tydens ‘n dalende maanfase en om te ent wanneer die Maan groei. Navorsers bewys partymaal egter ook die teendeel as wat deur oorlewering geglo word.
Like · Reply · 3 · 13 October at 22:19
André Burger
André Burger 'n Hele tesis - so wanneer moet ek dan grassny?
Like · Reply · 13 October at 22:35
Ernst Marais

Write a reply...



Choose File
Matie Hoffman
Matie Hoffman Dankie Willie - baie interessant en 'n hele mondvol.
Like · Reply · 13 October at 22:54
Willie Koorts
Willie Koorts Dankie. Gelukkig darem die navorsing tevore gedoen vir artikels - moes dit net gaan opdiep uit my argiewe.
Like · Reply · 13 October at 23:55
Ernst Marais
Ernst Marais Maar die maan se swaartekrag verander nie met verskillende gestaltes nie. Die maan beweeg elke dag oor ons koppe of dit nou volmaan is, of halfmaan is, die swaartekrag gaan dieselfde bly. Ek dink daglig lengte gaan 'n baie groter invloed he as maan gestaltes en mense verwar die invloed van die twee. 'n Twee of drie weke later plantdadum gaan heelwat meer sonlig kry.
Like · Reply · 1 · 14 October at 19:33
Matie Hoffman
Matie Hoffman Sal maar weer lees en dink.
Like · Reply ·
Logged
Rigil Kent
Clotting Factor
Hero Member
*****

Skeptical ability: +19/-3
Offline Offline

Posts: 2460


Three men make a tiger.


« Reply #1 on: October 16, 2015, 20:29:54 PM »

Vis byt beter met die volmaan.
Logged
brianvds
Hero Member
*****

Skeptical ability: +12/-0
Offline Offline

Posts: 1812



WWW
« Reply #2 on: October 17, 2015, 03:01:13 AM »

En wat van weerwolwe? Waarom maak hulle geen melding van weerwolwe nie?
Logged
Hermes
Hero Member
*****

Skeptical ability: +18/-2
Offline Offline

Posts: 1137



« Reply #3 on: October 17, 2015, 11:19:10 AM »

Vis byt beter met die volmaan.
En wat van weerwolwe? Waarom maak hulle geen melding van weerwolwe nie?

Weerwolwe byt nie beter met die volmaan nie?

Selfs met springgety is die verskil tussen hoogwater en laagwater slegs sowat 5cm op die groot mere.  Die maanfase kan dus nie `n beduidende gety-effek op die ondergrondse watertafel hê nie, want daar is nie groot genoeg watermassas betrokke nie.  Daar is egter aanduidings dat die maanfase `n geringe invloed op reënval kan hê.  Hoewel die artikel waarna ek verwys dit nie noem nie, kan ek my voorstel dat verdamping uit die see gedurende springgety hoër mag wees as gedurende dooiegety en dit reënval in `n geringe mate mag beïnvloed.  Daarvolgens sou die kanse op reën dus ietwat beter wees kort na volmaan en donkermaan en ietwat swakker kort na eerste en derde kwartier.  Die invloed is egter gering (indien enige) en verdwerg deur ander invloede en dit is nie die moeite werd om die aanplant van gewasse daarvolgens te skeduleer nie.
Logged
Pages: [1]   Go Up
  Print  


 
Jump to:  

Powered by SMF 1.1.11 | SMF © 2006-2009, Simple Machines LLC
Page created in 0.309 seconds with 23 sceptic queries.
Google visited last this page May 30, 2019, 13:11:53 PM
Privacy Policy