South Africa Flag logo

South African Skeptics

July 17, 2019, 16:40:18 PM
Welcome, Guest. Please login or register.
Did you miss your activation email?

Login with username, password and session length
Go to mobile page.
News: Please read the posting guidelines before posting.
   
   Skeptic Forum Board Index   Help Forum Rules Search GoogleTagged Login Register Chat Blogroll  
Pages: [1]   Go Down
  Print  
Author Topic:

Sceptic Skeptic Skepties the same?

 (Read 4207 times)
0 Members and 1 Guest are viewing this topic.
xavier
Newbie
*

Skeptical ability: +0/-2
Offline Offline

Posts: 15


« on: October 12, 2010, 20:13:26 PM »

Toe ek by hierdie website aangeteken het was ek onder die indruk dat die Afrikaanse woord Skepties identies in betekenis is aan die Engels Sceptic of die ou Amerikaanse Skeptic. Laasnag het ek so 'n paar woordeboeke nageslaan. Groot was my verbasing om te sien dat daar 'n groot verskil is tussen die tale in een aspek van die betekenis van die woorde, naamlik godsdiens. Volgens HAT (1985) is 'n  Afrikaanse skeptikus bevraagtekenend teenoor sieninge oor feite in die algemeen, ten bate van in 'n soeke na die waarheid terwyl die Engelse en Amrerikaanse weergawes 'n pertinente, amper voorrang punt maak van ateisme.  En na my mening is ateisme ook net nog 'n vorm van geloof want met vandag se kennis vlakke WEET niemand nie. Ja daar is baie idees maar geen bewyse na iedere kant toe nie. Dis 'n kwessie van wat is vir jou wonderliker

Raai waar het ek die volgende aanhaling gekry?

Daniel: Skepticism is an approach to testable
physical claims. Atheism is a conclusion
regarding an untestable metaphysical
claim. These are not the same thing.
You can be both a skeptic and an
atheist. I am, and this is demographically
common amongst skeptics. But please
remember, there are many other skeptics
who do hold or identify with some
religion. Indeed, the modern skeptical
movement is built partly on the work of
people of faith (including giants like
Harry Houdini and Martin Gardner).
You don’t, after all, have to be against
god to be against fraud.

Binne die definisies is dit dus moontlik vir 'n skeptiese persoon om in Afrikaans te aanvaar dat daar dele van die lewe is wat met feite handel wat krities benader moet word en ander dele met sienigs soos opinies, geloof, hoop en liefde. Dat almal van hulle 'n plek het mits 'n mens seker maak dat jy bewus bly van die feitevlakke onderliggend aan die fasette. Ek probeer om sover moontlik, binne die beperkinge van my verstandelike vaardighede die interaksie tussen basiese feite te probeer verken. Maar ook om plek te maak in my lewenskultuur om te aanvaar dat die sienings of interpretasies van andere wat dalk anders as myne is, en ook 'n plekkie in die son verdien.

Binne die Engelse en Amerikaanse woord definisies, soos blykbaar op hierdie site geȉnterpreteer, is daar duidelik nie plek vir my hier nie.  Want ek verkies om te glo dat God bestaan. Ek glo Hy het die fundametele wette van die heelal oftewel die Wetenskap neergelê. So neergelê dat dit ons nog lank sal vat om hulle ten volle te verstaan, indien ooit. Ek Glo ook dat wanneer dit moontlik word, ons sal vind dat Hy net 'n paar beginsels bepaal het wat alles beheer. 'n Paar beginsels wat 'n goeie wetenskaplike eendag in enkele wiskundige formules sal opsom, indien nie net een nie. Die idee is vir my wonderlik genoeg dat ek myself nie kan indink dat dit lukraak kon gebeur het nie. Maar ek kan insien dat andere dit so kan sien en glo maar tans nie weet nie.

Ja, ek stem saam dat daar baie gelowiges is wat 'n pyn in die dinges is omdat hulle in my opinie twee uitgangspunte het wat irriterend is. Hulle dring daarop aan dat almal presies soos hulle moet glo. Hulle lees die Bybel asof dit 'n Wetenskaplike of Regsandleiding is, dit is nie. Hulle raak so behep met die vlooisoekery om 'n versie te kry wat hul standpunt huldig. 'n Versie wat kan toon dat hulle beter gelowiges is as andere. In kort dat hulle meer wetties is as alle ander mense. Hulle raak so wetties dat daar geen plek in hul omgewing is vir Christus se liefdesboodskap of ander sieninge nie. Dit lyk amper vir my of die plaaslike ateisme soortgelyke eise aan andersdenkendes opdring.

Wanneer ek na die Bybel kyk is hy vir my wonderlik. Watter ander boek het oor so 'n lang tydperk so 'n groot rol in die gewone mense se geskiedenis gespeel. Het vir beide intelligente en dommes iets positiefs beteken, gemotiveer, smart verlig hoop gegee ens. ens. Ja, verpolitiseerde mense, predikante en politici het hom misbruik oor die jare. Met vlooisoekende vers en kapittel twak gepraat uit hom. Sogenaamde bybelse bewyse op die tafel geplaas. Galilleo, Apartheid+ en - ens. Maar watter waarde konsep is nie deur diesulkes verniel nie? Maar as ek hom lees, op soek na etiese en morele waarde beskrywings in konseptuele terme vir my lewe is hy vir my 'n dagdroom. As ek denke idee stimulering soek kom dit. Dan die sleutel konsepte van Christus se liefdes boodskap. Te pragtig, vir my woorde.

Op my ouderdom, wanneer selfs 'n stywe nek ondersoek word of hy nie dalk wil afsak nie. Besef 'n mens dat die hygliefde van jou jeug lekker was maar nie naby die regte ding van onbaatsugtige, vergewende verheffende Liefde kom nie. Dis wat vir my lekker is.  



Vir die wat voel dat hulle tyd en energie gemors het op my Boek, vra ek om verskoning. Ek het gehoop om 'n paar kontradenke en interpretasies uit ander hoeke te kry, en konstruktief te debatteer. Maar nouja in die woorde van, ek is nie seker nie maar ek het 'n prentjie dat Eleanor Rooseveld gesê het onnosel mense praat oor andere, die wat dink hulle is slim, dinge, die werklik intelligente mense bespreek konsepte. Sover het ek nog net baie van die eerste en min van die tweede hier gesien jammer, ek wil op drie beweeg. Besluit of julle my nog hier wil he ek sal Saterdag kom kyk Ja of Nee.  Fokoff of Bly

Groetnis.
  
Logged
BoogieMonster
NP complete
Hero Member
*****

Skeptical ability: +19/-1
Offline Offline

Posts: 3070



« Reply #1 on: October 12, 2010, 21:12:47 PM »

Ek het nog nie rerig met jou gepraat nie, of jou boek gelees nie. Persoonlik gee ek nie om of jy fokof of bly nie. Sal seker sad wees as jy voel jy moet weghol in plaas van jou punte verdedig (tensy jy self dink hulle is onverdedigbaar). Moenie die fout maak om 'n goeie debat oor "konsepte" te persoonlik op te neem nie. As ek reg onthou het jy homofobiese stellings gemaak, en jy moes besef het wat gaan gebeur. Probeer ook asb. nie om ons met een kam te skeur nie, daar is diversiteit in ons geledere net soos enige ander groep mense.

Maar ek het hierdie relaas deurgelees en laat ek vir jou dit so stel: As 'n ateis het ek op 'n tyd presies geglo wat jy nou glo. Maar sonder dat ek dit op daai tyd besef het, was daar nog dinge oor vir my om te leer en logiese stappe wat ek nog moes vat. Ek het nog verder weg van die bybel se "teks" afbeweeg as wat jy nou is, en agnosties geraak, en eers later 'n ateis. DIT is hoekom mense jou 'n harde tyd gee, want hulle kan sien jy't nog nie alles behoorlik logies en objektief deurgepluis nie. Ons het, en die prys vir ons effort was, ons moes die duurbaarste ding in ons lewe, ons geloof, opgee. Moenie dink enige van ons het dit lukraak gedoen nie. Ons is BAIE seker van ons saak, en weet 10/1 meer oor jou bybel as jy. Want 'n hele paar van ons is al daar deur in 'n effort om ons geloof te red, net om te besef wat RERIG daarin staan is toe glad nie soos dit in die advertensie staan nie.

Dis miskien een van daai dinge soos, ek dink, die japanese se: Die mees fanatiese is te vind in die wat convert is.

Dit vat BAIE om jou geloof af te sien tjom, baie meer as wat jy kan verstaan, moenie die fout maak om te dink ons "verkies" dit so nie. Dit sou BAIE nice gewees het 'n ewige lewe te he, en iemand wat daar is vir my deur dik en dun. Die harde realiteit is, ek is absoluut OORTUIG dis nie waar nie. Of ek dit nou so wil he of nie, selfs wensdenke kan nie my logiese brein stilmaak nie. Dis nie 'n keuse nie, dis net die waarheid.
Logged
Mefiante
Defollyant Iconoclast
Hero Member
*****

Skeptical ability: +61/-9
Offline Offline

Posts: 3748


In solidarity with rwenzori: Κοπρος φανεται


WWW
« Reply #2 on: October 12, 2010, 21:26:15 PM »

En na my mening is ateisme ook net nog 'n vorm van geloof want met vandag se kennis vlakke WEET niemand nie.
Baie mense deel juis daai onverdedigbare mening.  Die waarskynlike fout wat hulle waarskynlik almal begaan is waarskynlik om die betrokke waarskynlikhede waarskynlik heeltemaal te ignoreer.  Die feit dat daar nie 100% betroubare bewys bestaan vir ieder van twee of meer teenstaande posisies beteken nooit en nimmers dat hulle ewe moontlik of ewe waarskynlik is nie.

Lees van skeptici se gedagtes oor skeptisisme hier.

'Luthon64
Logged
Brian
Hero Member
*****

Skeptical ability: +8/-1
Offline Offline

Posts: 1367


I think therefor I am, I think


« Reply #3 on: October 12, 2010, 21:28:00 PM »

Fokoff of Bly? Dis jou besluit xavier...hoe jy die bybel interpreteer of wil gebruik is ook jou besluit en ook jou reg. So-ook is dit my reg om met jou te verskil. Waar jy 'n god van liefde sien, sien ek haat en nyd, moord en doodslag, intimidasie en beinvloeding, leuens en nog meer leuens. Die vlooie is so veel dat DDT dit nie kan regmaak nie. Ek kyk ook na die wereldse geskiedenis en soos jy tereg se, die bybel het 'n baie groot impak gehad maar het jy al ooit 'n bietjie die bybel se biogafie ontleed: deur wie is dit geskryf, wanneer, wie het besluit wat moet in en wat is nie aanvaarbaar nie? en moenie die dwase argument mee kom dat dit god was nie...dis twak en as jy dit nie aanvaar nie is jy dom-astrand.

Dis waar ook dat baie vertroosting in die bybel gevind het maar dis 'n illusie, 'n skim waarna mense smag. So ook vind mense (of het) vetroosting in Al'lah, Buddha, Zeus, Krishna, Jupiter, vader Xmis, ens. Mites almal. Die bybel is uiteindelik 'n verwarrende, swak geskrewe (my opinie) en histories onakkurate en misleidende dokument wat ongelooflike onwaarhede bevat (kenners se opinie), en erger nog, in mense se kele deur geweld (nie liefede nie) afgedwing word. Ek vind meer morele waardes en etiese lesse in sprokies verhale (byv Aesop) maar daar ook is daar verskeie wat huigel en oneties vanaard is.
Het Christus bestaan?...jy kan dit nie bewys nie...is die 'gospels' waar?...nee. Is hulle geskryf deur oogetuies van Jesus? Nee. Is hulle versoenbaar met mekaar? Nee. Is hulle histories korrek? Nee. Het die sg Mattheus, Johannes en Lukas nie dalk plagiaat gepleeg nie? Ja duidelik van Markus afkomstig....en so kan ons voortgaan.
So aan die einde van die dag...moenie jou eie vertwyfelinge op ons of hierdie forum neerplak nie...dis jou besluit. Ek weet nie hoe oud jy is nie en dit gaan my nie aan nie, maar ek lei af die jare stap aan...dis moontlik die probleem...die onsekerheid trap hard en jy soek hulp...die bybel is blykbaar jou ontvlugting...en dis jou keuse.
Logged
rwenzori
Sniper
Sr. Member
****

Skeptical ability: +7/-1
Offline Offline

Posts: 403


Merda accidit.


« Reply #4 on: October 13, 2010, 06:11:44 AM »

die Engelse en Amrerikaanse weergawes 'n pertinente, amper voorrang punt maak van ateisme. 

I'm not sure if my decoder understood your post properly, but here is the definition from my Oxford English Dictionary ( usual examples removed for clarity )( CD-ROM edition 2009 ):

Quote
scepticism, skepticism

1 Philos. The doctrine of the Sceptics; the opinion that real knowledge of any kind is unattainable.

2 Sceptical attitude in relation to some particular branch of science; doubt or incredulity as to the truth of some assertion or supposed fact. Also, disposition to doubt or incredulity in general; mistrustfulness; sceptical temper.

3 Doubt or unbelief with regard to the Christian religion.

I think you are overplaying the bit about "pertinente, amper voorrang punt maak van ateisme" - plenty of room for you in definition 2.

Not that I care if you want to "fokoff" - you seem to be a dumbed-down version of TeleoPhroners, if such is possible.
Logged
cyghost
Skeptically yours
Hero Member
*****

Skeptical ability: +12/-1
Offline Offline

Posts: 1409


Carpe diem


« Reply #5 on: October 13, 2010, 07:47:34 AM »

En na my mening is ateisme ook net nog 'n vorm van geloof want met vandag se kennis vlakke WEET niemand nie.
Jou mening hier is nie veel werd nie. Dit is juis jou gelowinge wat kwansuis weet uit pure geloof, sonder enige ware grondige bewysse. Jou deursnee ateïs sê sy weet nie, maar sy kan ook nie glo sonder rede nie. Maak moese sin waar ek sit.
Quote
Binne die definisies is dit dus moontlik vir 'n skeptiese persoon om in Afrikaans te aanvaar dat daar dele van die lewe is wat met feite handel wat krities benader moet word en ander dele met sienigs soos opinies, geloof, hoop en liefde.
Ja wel mense soos Bill Maher is moerse skepties en dan hang hy anti-inenting woo woo aan. Persoonlik scheme ek enige street cred wat hy sou gehad het, skiet hy des moers. Ek is baie seker baie dinge wat ek glo en aanhang is dalk ook nie altyd soo waffers nie. Die groot verskil is dat ek maklik oortuig word deur sinvolle bewysse en dat ek in staat is om my siening te verander.  Try my, gee my bewysse vir God en ek word haar grootste spreekbuis.
Quote
Want ek verkies om te glo dat God bestaan.
Jou vrye keuese en goeie reg.
Quote
Dan die sleutel konsepte van Christus se liefdes boodskap. Te pragtig, vir my woorde.
Die fokin sleutel boodskap is dat jy beter glo of jy brand vir ewig. Jy beter hom lief hê en aanbid of jy skroei vir altyd. Sy fokin moerse "opoffering" moet verhewe en uitgebasuin word of jy sal ter helle neerdaal en die ewigheid daar in pyn voort bestaan. Absoluut belaglik.
Quote
 Fokoff of Bly   
Bly, jy is goud werd  Cheesy
Logged
GCG
Hero Member
*****

Skeptical ability: +8/-4
Offline Offline

Posts: 1829


skeptical mantis is skeptical


adele horn
WWW
« Reply #6 on: October 13, 2010, 10:26:02 AM »

ek het nie tyd gehad om die hele boek deur te lees nie, maar so biekie speedreading gedoen.  ek raak gou verveeld.
so basically wat jy seg, is.  dat volgens watokal dictionary jy bespring het, die term skepties, beteken dat jy kan nog in god glo.
ok cool.
wat jy die kat aan die gat beet het, is dat die forum 'n atheist forum is.  toe nou nie.  ons is skepties oor als.
die feit dat religion so baie op die voorpunt van gesprek is, is omdat die kerk en die sy volgers, net soveel stupid kak aanjaag, dan daar hope fodder vir ons is.
jy kan nogsteeds deelneem, maar moet dan tipies nie by die religious goed betrokke raak nie.  en moet nie als met god probeer explain nie.
en ek reken, as jy sulke kak uitlating gaan maak soos jou gay nommetjie, gaan dan liewer na 'n xtian forum.  hier gaan jy definitief nie liefde vind nie.
jy het alkaar my totally afgepis, en ek reken jy gaan moet 'n paar redelike goeie goed kwyt raak voor enigiemand jou erstig gaan opvat.
in honestly, skepticism en geloof is soos chalk and cheese.  jy kanni skeptic wees en nogsteeds in iets so totally unreal soos god glo nie.
Logged
Gogtjop
Guest
« Reply #7 on: October 13, 2010, 10:54:38 AM »

Ek wonder wat Gawie sou sê as hy geweet het dat Eleanor Roosevelt 'n tapytmonster was...

Maar dis mos oraait of hoe - jy mag mos gay wees solank jy blond is en dubbel-D tiete het.
Logged
Pages: [1]   Go Up
  Print  


 
Jump to:  

Powered by SMF 1.1.11 | SMF © 2006-2009, Simple Machines LLC
Page created in 1.303 seconds with 24 sceptic queries.
Google visited last this page May 31, 2019, 02:55:28 AM
Privacy Policy