The joy of Facebook

<< < (22/29) > >>

Tweefo (March 27, 2017, 10:46:37 AM):
Dalk kan hulle in die tussentyd bid vir meer geld sodat hulle in 'n gastehuis kan gaan bly. Dit sou intressant wees om te sien hoeveel van die bidders in ongelukke betrokke gaan wees en in hoeveel van die lee huise ingebreek word oor die bid naweek. Ook, as 'n mens die stand van SA nou kon meet en dan agterna. (ek het gehoor die bid is vir SA). Maar op die einde van die dag gaan dit oor geld - hoeveel die bidders gaan spandeer en dit kan gemeet word. Maar dit sal natuurlik nie geopenbaar word nie.
brianvds (March 27, 2017, 11:30:34 AM):
As hulle suksesvol kan bid vir die einde van Zuma se administrasie sal die land beslis baat... :-)
BoogieMonster (March 27, 2017, 14:05:50 PM):
Dis natuurlik hierdie geneigdheid om net te wil bid vir goed wat die hele probleem veroorsaak in die eerste plek.

Mefiante (March 27, 2017, 20:56:15 PM):
Laat mens wonder presies waar dìè slaptjips die idee kry dat die Almagtige Aartappel in die Hemel sy alomvattende plan sal wysig volgens hulle plaaslike en tydelike begeertes.

'Luthon64
brianvds (March 28, 2017, 03:32:09 AM):
Laat mens wonder presies waar dìè slaptjips die idee kry dat die Almagtige Aartappel in die Hemel sy alomvattende plan sal wysig volgens hulle plaaslike en tydelike begeertes.

'Luthon64


Ja, dit tref my eintlik as kettery: die implikasie is dat God of gode nie weet wat hulle doen nie, of nie bewus is van ons probleme tensy ons hulle daarop wys nie, of selfs dat hy/hulle foute maak. Nou moet ek darem sê, daar is inderdaad Christene wat presies so dink en nooit gebede doen om enige ander rede as dankbaarheid nie.

Die ander ding wat my aanstoot gee van hierdie publieke biddery is dat dit duidelik ten minste gedeeltelik horisontale gebede is, d.w.s. gebede wat nie soseer na Bo gerig is nie, as teen die res van ons, om te wys hoeveel heiliger hulle is. As ek reg onthou spreek die skriptuur hom baie duidelik daarteen uit.

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

[*] Previous page

Skeptic Forum Board Index

Non-mobile version of page