The joy of Facebook

<< < (2/41) > >>

BoogieMonster (January 23, 2016, 09:24:06 AM):
Wel, as jy facebook glo is god baie besig om plaas vir plaas die mense se ongeplante plantasies te gaan water gee nou dat dit hopeloos te laat is en ons voedsel tekorte in die gesig staar. Dis ook 'n wonderwerk! Maw. Die drempel vir wonderwerk is moer laag deesdae.
brianvds (January 23, 2016, 10:59:17 AM):
Dit klink vir my of die skrywer se idee van wat 'n wonderwerk is nie heeltemal dieselfde is as Tweefo s'n nie. Die skrywer sien 'n wonderwerk blykbaar as enige gunstige toevalligheid wat ooreemstem met hoop wat in gebed vervat is, of so 'n uitkoms nou 'n natuurlike verklaring het al dan nie. So 'n siening maak egter die hele konsep van 'n wonderwerk afgewater, want duidelik word geen goddelike ingryping noodwendig daarvoor benodig nie.

Dit is een van die probleme met die konsep van 'n wonderwerk - net die meer gunstige onwaarskynlike toevallighede word as sulks beskou. As ouma per toeval in die pad van 'n vallende meteoriet beland, dink niemand dit is a wonderwerk nie, hoe onwaarskynlik ook al. (Behalwe dalk haar erfgename?)

Die ander probleem is natuurlik dat ons geen duidelike manier het om 'n wonderwerk te onderskei van 'n natuurlike fenomeen wat ons nog nie verstaan nie.

Maar ek preek natuurlik hier vir die verkeerde gehoor. :-)
BoogieMonster (January 23, 2016, 19:01:35 PM):
You guys are reminding me of this guy. "Many miracles but I can't remember them..."
Tweefo (January 24, 2016, 06:58:25 AM):
Is ek onredelik?
Rigil Kent (January 24, 2016, 07:36:35 AM):
Jy is heeltemal redelik, maar soos ons wel weet, word redelikheid nie geredelik waardeer nie. :'(

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

[*] Previous page

Skeptic Forum Board Index

Non-mobile version of page