South Africa Flag logo

South African Skeptics

August 22, 2019, 17:20:45 PM
Welcome, Guest. Please login or register.
Did you miss your activation email?

Login with username, password and session length
Go to mobile page.
News: Please read the posting guidelines before posting.
   
   Skeptic Forum Board Index   Help Forum Rules Search GoogleTagged Login Register Chat Blogroll  
Pages: [1]   Go Down
  Print  
Author Topic:

Sunette Bridges vs. die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie

 (Read 2170 times)
0 Members and 1 Guest are viewing this topic.
Rigil Kent
Clotting Factor
Hero Member
*****

Skeptical ability: +19/-3
Offline Offline

Posts: 2460


Three men make a tiger.


« on: January 20, 2015, 14:25:25 PM »

As jy dalk nie die nuus gevolg het nie, Sunette Bridges (dogter van wyle en gewilde sanger Bles Bridges van Ruiter van die Windjie faam) pos gereeld nuus oor die kommerwekkend toenemende plaasmoorde op haar nuusblad op Facebook.

https://www.facebook.com/pages/Sunette-Bridges-News-Page/625786784156926

Natuurlik lewer baie mense hierop kommentaar, en soms wel passievol. Nou is die Menseregtekommisie ontsteld omdat die blad  blykbaar haatspraak bevat, en veral dit wat deur Sunette se aanhangers kwytgeraak word. Nou word sy voor die hof gedaag om die kommentare VAN ANDER MENSE van haar blad te verwyder en om om verskoning te vra vir die "haatspraak".

http://www.news24.com/SouthAfrica/News/Sunette-Bridges-in-hot-water-over-hate-speech-20150119

As 'n aparte punt wat waarskynlik min met die hofverrigtinge uit te waai sal hê, lyk dit vir my of die vraag of die plaasmoorde ras-gemotiveer is al dan nie nog glad nie ogelos is nie. Die oordrewe wreedhede (martelings) wat van die moorde vergesel laat dit hoogs waarskynlik lyk, ten minste in party gevalle. As mens kan glo wat jy op Facebook lees, is die regering nie bereid om hierdie moontlikheid te erken nie.

Ek dink dis 'n belangrike saak, want as die MRK se mosie suksesvol is, is dit nog 'n spyker in die kis van vrye spraak, of Sunette en/of haar aanhangers nou reg is of nie.

Rigil
« Last Edit: January 20, 2015, 15:32:18 PM by Rigil Kent » Logged
BoogieMonster
NP complete
Hero Member
*****

Skeptical ability: +19/-1
Online Online

Posts: 3078



« Reply #1 on: January 20, 2015, 14:46:35 PM »

'n Mens kan hoop die saak sal nie suksesvol wees nie.

Die vraag oor plaasmoorde en die redes daarvoor is 'n moeilike saak. Mens weet nie altyd of die plaasbewoner wat so gemartel en vermoor word, nie dalk op naweke saam met sy pelle wit doeke oor hulle kop gedra het of kruise gebrand het nie. Ek wonder soms of sulke gruwel dade daadwerklik net gedoen word as terroristiese stellings teen 'n bevolkingsgroep. My suspisie is dat dit meer te doen het met hoe daai boer gehandel het met anderskleuriges om hom. Hierdie mense wil altyd die boere uitbeeld as weerlose klein engeltjies, maar dit dink ek is hulle nie. Bv. werkers wat agter bakkies gesleep word deur plattelandse dorpe, "Oranja" bewoners, en dies meer.

Aan die einde van die dag moet jy maar wend tot die enigste middel wat ons het: Statistiek. En daar word 'n prentjie geskilder van 'n wit bevolking wat buitengewoon min geskend word deur geweld en misdaad.

Logged
Rigil Kent
Clotting Factor
Hero Member
*****

Skeptical ability: +19/-3
Offline Offline

Posts: 2460


Three men make a tiger.


« Reply #2 on: January 20, 2015, 15:30:08 PM »

Aan die einde van die dag moet jy maar wend tot die enigste middel wat ons het: Statistiek. En daar word 'n prentjie geskilder van 'n wit bevolking wat buitengewoon min geskend word deur geweld en misdaad.  

Hierdie artikel is al bietjie lank in die tand, maar steeds interessant.

http://africacheck.org/reports/are-white-afrikaners-really-being-killed-like-flies/
Logged
brianvds
Hero Member
*****

Skeptical ability: +12/-0
Offline Offline

Posts: 1829



WWW
« Reply #3 on: January 21, 2015, 04:18:29 AM »

Lyk of daar twee kwessies hier is: is Me. Bridges (en Steve Stofsuier en Dan Roodt) reg dat daar 'n volksmoord teen Afrikaners aan die gang is, en dan die (myns insiens) meer belangrike kwessie van vryheid van spraak.

As daar nou woes haatspraak gepleeg word op haar Facebookgroep kan die hof haar seker verplig om die ding te verwyder. Maar in hierdie eeu van kitsinformasie op die web is so oplossing sinloos; sy kan met 'n paar klieke van die muis bloot die ding êrens anders voortsit en dit hierdie keer anoniem doen. Om haar haatspraak te probeer verban is min of meer so sinvol as haar pogings om Zuma en kie se haatspraak te probeer verban.
Logged
Mefiante
Defollyant Iconoclast
Hero Member
*****

Skeptical ability: +61/-9
Offline Offline

Posts: 3749


In solidarity with rwenzori: Κοπρος φανεται


WWW
« Reply #4 on: January 21, 2015, 06:32:01 AM »

Ek is nie seker hoe akkuraat die informasie is nie, maar ons hoor gister laat dat die hof die partye beveel het om eers na ’n buitehofse oplossing te strewe.

'Luthon64
Logged
Hermes
Hero Member
*****

Skeptical ability: +18/-2
Offline Offline

Posts: 1137



« Reply #5 on: January 21, 2015, 12:00:56 PM »

Wat plaasmoorde en -aanvalle betref is daar twee struikelblokke wat in die weg van beveiliging staan.  Die eerste hiervan is ontkenning.  Die regering en selfs menseregte-organisasies weier om te erken dat daar `n spesifieke probleem is.  `n Houding word ingeneem dat moord `n omvangryke probleem in SA is en dat moorde op kommersiële boere geen uitsondering is nie.  Die artikel waarna Rigil Kent verwys noem dat die kanse vir `n Swart persoon om vermoor te word groter is as dié vir `n Wit persoon.   Hierdie statistiek isoleer egter nie spesifiek boere nie.  Uit `n Wit SA bevolking van sowat 4,5-miljoen, is slegs 30 000 (˂1%) boere.  Wanneer dít in ag geneem word, kry ons `n aansienlik hoër per capita moordsyfer as die nasionale gemiddeld.  Voeg hierby dat hierdie moorde dikwels op `n besonder wrede manier gepleeg word.  Die siening van sekere opposisiepartye dat plaasmoorde as `n prioriteitsmisdaad gesien moet word, het derhalwe meriete.  Die regerende party weier egter om plaasmoorde te prioritiseer.  Hulle standpunt is dat moord moord is en dat plaasmoorde deel van `n breër probleem is.  Hulle wil nie eens na die statistiek kyk nie.  Hierdie houding weerspieël blatante ontkenning.  As die sekuriteitsmagte van `n kriminele brandpunt bewus is, is die logiese reaksie om op daardie brandpunt te konsentreer.  Dit kom dus voor asof die staat onwillig is om effektief in te gryp.  As leiers boonop liedjies sing wat mense aanmoedig om boere dood te maak en hulle plase af te brand, bevorder dit nie veiligheid nie.

Die ander struikelblok wat in die pad van veiliger plase staan is slagofferblaam.  Dit word voorgehou dat boere en hulle gesinne vermoor word oor hulle glo hulle werkers of anderskleuriges sleg of self wreed behandel.  Elke gemeenskap het seker sy skurke en sulke insidente word soms gerapporteer.  Met die oorgrote meerderheid van plaasmoorde is daar egter geen getuienis wat daarop dui dat dít die motief was nie en in vele gevalle is nie net die boer nie, maar ook van sy arbeiders aangeval.  In die afwesigheid van sulke getuienis is slagofferblaam lafhartig en `n flou verskoning.  Dit spreek natuurlik nog nie eens die punt aan of dit geregverdig sou wees om `n werkgewer wat jou sleg behandel en sy gesin dood te martel nie.

Daar is karakters in hierdie debat vir wie ek min ooghare het, en ek dink baie ondersteuners van hierdie forum stem daar met my saam.  Van die voorvegters teen plaasaanvalle het regse politieke neigings en hulle opmerkings kan soms as rassisties vertolk word.  Die primêre vraagstuk is egter nie een van individuele persoonlikhede nie, maar een van grootskaalse moord – dikwels grusame moord – op boere en hulle gesinne.  Persoonlik het ek baie empatie met die boeregemeenskap.  Die boere wat ek ken is ordentlike mense wat hulle arbeiders redelik behandel, nie mense wat verdien om grusaam vermoor te word nie.
Logged
Rigil Kent
Clotting Factor
Hero Member
*****

Skeptical ability: +19/-3
Offline Offline

Posts: 2460


Three men make a tiger.


« Reply #6 on: January 21, 2015, 12:22:51 PM »

Hierdie statistiek isoleer egter nie spesifiek boere nie.

In verband hiermee rapporteer Sunette op haar nuusblad:
Quote
Die moordkoers op boere is nou al 132/100 000. Die moordkoers in die mees moordadige land in die wêreld is 91/100 000 en die van Suid-Afrika in geheel is 32/100 000.
Dis ook als goed en wel om dit in 100 000de uit te druk, maar daar is nie eers 100 000 boere oor in SA nie!
Jou kans om vermoor te word as jy op 'n plaas bly is 4x groter as die van enigiemand anders in die land! ...en meer as 2x groter as die van 'n Polisieman. Om in SA te boer is tans die gevaarlikste beroep ter wêreld!

Ek kon nie uitmaak waar haar syfers vandaan kom nie,  en ook nie of "boere" in herdie geval boere van alle kleurgroepe insluit nie. Maar as daar waarheid in steek, dan is boere beslis in groter gevaar as wat hulle ewekansig behoort te wees.  As die regering oor hierdie data beskik, dan stem ek saam dis verkeerd om nie op plaasaanvalle as 'n klas van misdaad te fokus nie. Selfs al is daar praktiese probleme om plase te patrolleer wat kilometers uit mekaar uit lê, moet dit darem tenminste as problematies erken word.

Rigil
Logged
cr1t
Hero Member
*****

Skeptical ability: +4/-0
Offline Offline

Posts: 544



cr1t
« Reply #7 on: January 21, 2015, 15:08:19 PM »

Sal intersant wees as mens die raw crime stats kan, en kyk watter groep mense waar is meer in gevaar.

Logged
cr1t
Hero Member
*****

Skeptical ability: +4/-0
Offline Offline

Posts: 544



cr1t
« Reply #8 on: January 21, 2015, 15:12:53 PM »

Ah iemand het dit al gedoen

http://www.issafrica.org/crimehub/map
Logged
Tweefo
Hero Member
*****

Skeptical ability: +10/-0
Offline Offline

Posts: 1532



WWW
« Reply #9 on: January 21, 2015, 16:28:03 PM »

That map doesn't help much. Wherever there are people, the crime is >200.
Logged
Rigil Kent
Clotting Factor
Hero Member
*****

Skeptical ability: +19/-3
Offline Offline

Posts: 2460


Three men make a tiger.


« Reply #10 on: January 21, 2015, 16:59:04 PM »

There's also some dispute over where cyberspace is - Pretoria or Cape Town ...  Roll Eyes
Logged
cr1t
Hero Member
*****

Skeptical ability: +4/-0
Offline Offline

Posts: 544



cr1t
« Reply #11 on: January 22, 2015, 08:29:48 AM »

That map doesn't help much. Wherever there are people, the crime is >200.

Ja what you needed was to be able to extra filter  by race age and sex.

But there is a trend that I could pick up, was outside the metro's the only
rural areas to show high murder rate was eastern cape.

In C.T it was more dangerous to live in Mitchels Plain that about anywhere else.
Logged
Pages: [1]   Go Up
  Print  


 
Jump to:  

Powered by SMF 1.1.11 | SMF © 2006-2009, Simple Machines LLC
Page created in 0.573 seconds with 23 sceptic queries.
Google visited last this page May 29, 2019, 09:17:48 AM
Privacy Policy