Great - about time....

(1/1)

Faerie (June 08, 2010, 11:42:37 AM):
that stuff like this happens. It might make the histerical people think twice about creating and forwarding mass-histeria e-mails:

Quote
Vrou dalk vervolg ná e-pos oor ontvoering in sentrum
2010-06-08 00:52

’n VROU wat ’n e-pos met vals beweringe oor ’n Bloemfonteinse inkopiesentrum versprei het, het vir haarself moontlike regstappe op die hals gehaal.

’n E-pos waarin beweer word ’n vierjarige meisietjie is gisteroggend byna in die Mimosa Mall ontvoer en bedwelmd in ’n tas geprop, is vals. Die boodskap het gister soos ’n veldbrand deur die stad versprei.

Mimosa Mall se bestuur beoog moontlike regstappe teen ’n invorderingstikster van ’n bekende regsfirma in die stad, wat gisteroggend die vals boodskap getik het.

Die boodskap in die e-pos lui:

“Goeie dag. Ek het nounet ’n oproep gekry vanaf my vriendin by SA Stamboek. Vandag (nounet) in Mimosa Mall Bloemfontein is daar ’n meisie van 4 jaar gesteel. Die mamma het gelukkig baie gou omgedraai en gesien haar dogtertjie is weg. Sy het geskree en Mimosa het al die deure gesluit en begin soek.

“’n Couple wou graag uitgaan met ’n tas, en die sekuriteit het die dogtertjie in die tas gekry, bedwelm. Asb. almal met kinders, wees versigtig, die mense is oral opsoek na kinders. Groete. Lydia.”

Mev. Elizma Nass, Mimosa Mall se bemarkingsbestuurder, sê hulle het kringtelevisie-beeldmateriaal nagegaan en die sentrum se veiligheidsonderneming en die polisie gekontak. Toe vasgestel is die e-pos is vals, het hulle na die oorsprong van die boodskap begin soek en uitgevind die boodskap is deur ’n werknemer van die Symington & De Kok-regsfirma getik.

Die vrou sê in ’n verklaring sy het die inligting in die e-pos van ’n vriendin ontvang. Omdat sy self die ma van ’n vierjarige dogter is, het sy onmiddellik die boodskap getik en aangestuur.

Nadat die Mimosa Mall-bestuur met haar in verbinding was, het sy besef sy het ’n fout begaan. Sy het ’n e-pos aangestuur met die woorde: “Ignoreer asb...Jammer vir die wat so paniekbevange soos ek geraak het.”

Haar vriendin, wat aanvanklik vir haar die inligting gegee het, ontken glo nou dat sy die bron van die storie is.

“Ons gaan beslis ’n siviele eis instel, want ons kan dit nie daar laat nie,” sê Nass.


- Volksblad

http://www.volksblad.com/Suid-Afrika/Nuus/Vrou-dalk-vervolg-n%C3%A1-epos-oor-ontvoering-in-sentrum-20100607
and 'nother one:

Quote
E-pos oor verkragting by Spur onwaar
2010-06-05 01:32

’n E-POS waarin beweer word ’n jong vrou is in die Spur-restaurant in die Loch Logan-waterfront bedwelm en moontlik verkrag, is “absolute onsin”.

Mnr. Jon de Jesus, eienaar van die Falcon Lake Spur, is rasend en sê hy het reeds regstappe begin om die mense agter die e-pos te laat boet. Die e-pos is blykbaar deur ’n kandidaat-prokureur van ’n bekende regsfirma in die stad begin versprei en het uiteindelik ook in De Jesus se e-pos-lêer beland, toe mense wou weet of die inligting daarin waar is.

Die boodskap, wat Woensdag deur die klerk by Naudes-prokureurs gestuur is, lui:

“‘n Meisie wat by Naudes werk het Maandagaand by die Spur in die Waterfront saam ’n vriendin gaan eet.
Sy het gisteroggend 3 uur in die waterfront se badkamers wakker geword sonder dat sy weet wat gebeur het.
Nadat sy gister by die dokter was en bloed toetse gedoen het, is daar ’n drug in haar sisteem gevind wat jou deurmekaar, naar en duislig maak. Die naam sal ons nog uitvind.
’n Klag word vandag gele teen die Spur asook die waiter en barman wat daar gewerk het Maandag aand.
Ondersoek van verkragting word tans gedoen.
Wees asseblief versigtig ! Nie eers die spur is meer veilig nie!!!!!!!!!!!!!!!!!!!”

Die e-pos is van die kandidaat-prokureur se werk-e-posadres gestuur, met Naudes se telefoonnommer, webwerf-adres en regis-trasiebesonderhede onderaan.

Volgens De Jesus steek daar egter geen waarheid aan die bewerings in die e-pos nie. “Ek wil dit duidelik maak dat ons video-beeldmateriaal het wat bewys die beweringe in die e-pos is heeltemal vals,” sê hy.

De Jesus het ook eergister sy regsverteenwoordigers gespreek oor moontlike regstappe teen die mense wat die beweringe gemaak het.

“Die vals inligting beskadig my onderneming se beeld en ons gaan definitief hierteen optree. Daar is geen waarheid hierin nie, maar die e-pos is al landwyd gesirkuleer.”

Volgens die lys van e-posadresse op die boodskap wat Volksblad ontvang het, is dit duidelik die boodskap is al verskeie kere aangestuur.

Naudes het gister gesê hulle is bewus van die “ongemagtigde persoonlike e-pos” wat van hul e-posbediener gestuur is.

Mnr. Corrie Venter van Naudes sê die firma distansieer homself van die e-pos. Hy sê daar kan moontlik ook interne tugstappe volg teen die kandidaat-prokureur wat die e-pos gestuur het, aangesien daar ’n beleid by die firma is oor persoonlike e-posse.

Die betrokke vrou wat na bewering die slagoffer is wat in die e-pos genoem word, wou nie gister enige kommentaar lewer nie.

Lt.kol. Annelie Wrensch, polisiewoordvoerder, sê dat die polisie geen klagte ondersoek wat met die e-pos verband hou nie.


- Volksblad

http://www.volksblad.com/Suid-Afrika/Nuus/Epos-oor-verkragting-by-Spur-onwaar--20100604
GCG (June 08, 2010, 12:33:58 PM):
ja nee, hoogs donners tyd. ek wens ek kan die mense wat die goed begin, 'n vet p klap toedien.

Navigation

[0] Message Index

Skeptic Forum Board Index

Non-mobile version of page